Anne Hidalgo (* 19 Junie 1959 in San Fernando naby Cádiz, Andalusië, Spanje as Ana María Hidalgo Aleu) is 'n Franse politikus en lid van die Sosialistiese Party van Frankryk (Parti socialiste). Sy het naas Franse ook Spaanse burgerskap. Met haar oorwinning in die munisipale verkiesing van 2014 het Anne Hidalgo die eerste vrou geword wat die amp van burgemeester van Parys beklee.

Anne Hidalgo is in 'n Spaanse werkersgesin gebore - haar vader was as elektrisiën werksaam, haar moeder as naaister. Die gesin het in die 1960's gedurende Francisco Franco se diktatoriese bewind uit Spanje gevlug en hulle in Lyon, Frankryk gevestig waar Anne saam met haar ouer suster grootgemaak is. Sy het Frans vinnig aangeleer en op die ouderdom van veertien Franse burgerskap aanvaar. Ná 'n suksesvolle skoolloopbaan het sy in arbeidsreg gestudeer en was voor haar politieke loopbaan onder meer as werksinspekteur werksaam.

Grand Paris Express duimnael|links|Die nuwe openbare vervoernnetwerk vir Groter Parys, Grand Paris Express, is deel van 'n visioenêre stadsbeplanning wat, aldus Franse politici, van die Paryse agglomerasie 'n 21ste eeuse wêreldmetropool sal maak duimnael|links|Die Paryse metronetwerk word tans stapsgewys gemoderniseer met 'n Conduite Automatique-stelsel, dit wil sê geoutomatiseerde moltreinstelle. Hiervoor moet stasies van glaspanele en deure tussen trein en platform voorsien word In haar beleid fokus Hidalgo op openbare vervoer, die fietsryrewolusie, die bestryding van lugbesoedeling en sosiale woningsbou. Met die oog op die Olimpiese Somerspele 2024 in Parys is in 2015 'n grootskaalse bouprogram geloods, Grand Paris Express, waarvolgens die Paryse moltreinetwerk met vier nuwe geoutomatiseerde asook uitbreidings van bestaande lyne tot 'n totale lengte van 400 km verdubbel sal word. Société du Grand Paris: Le Grand Paris Express en résumé. Besoek op 8 Maart 2019 Die program is daarop gemik om Parys se lughawens (Roissy-CDG, Le Bourget en Orly) en voorstede beter by die bestaande openbare vervoernetwerk in te skakel, onder meer deur die bou van 'n kringlyn. Paryse voorstede is tot dusver net deur middel van buslyne met mekaar verbind.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Franse burgemeesters Kategorie:Parys Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense