Sarah Caroline Olivia Colman (gebore 30 Januarie 1974) is ’n Britse aktrise wat al ’n Oscar, vier Baftas, vier British Independent Film Awards en twee Golden Globes gewen het.
Colman het eerste in televisie naam gemaak. Haar deurbraak was as Sophie Chapman in die Channel 4-komediereeks Peep Show (2003-2015). Sy het Baftas gekry vir haar toneelspel in die reekse Twenty Twelve, Accused en die misdaadreeks Broadchurch, en ’n Golden Globe-prys en Emmy-benoeming vir die rillerminireeks The Night Manager.
Wat rolprente betref, het Colman onder meer uitgeblink in die drama Tyrannosaur (2011). Haar ander groot fliekrolle sluit in Hot Fuzz (2007), The Iron Lady (2011), Hyde Park on Hudson (2012), Locke (2013), The Thirteenth Tale (2013) en The Lobster (2015). Vir haar uitbeelding van koningin Anna van Groot-Brittanje in The Favourite (2018) het sy ’n Bafta, Golden Globe en Oscar gewen.
Vroeë lewe Colman was gebore in Norwich, Norfolk, die dogter van (Leakey), 'n verpleegster, en Keith Colman, 'n landmeter.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Britse akteurs Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Engelse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Engelse aktrises van die 21ste eeu