Die rooioogtiptol (Pycnonotus nigricans) is 'n algemene, amper endemiese standvoël en plaaslike nomade in dorre savanne, rivierbos en tuine. In Engels staan die voël bekend as die Black-fronted bulbul of die African red-eyed bulbul.

Voorkoms duimnael|links|'n Rooioogtiptol

Die voël word 19 cm lank en weeg 22 tot 36 gram. Die rooi oogkring is kenmerkend van die spesie.

Voortplanting Hierdie voëls lê 3 eiers op 'n slag. Die eiers is pienk getint met donker merke daarop.

Verspreiding en woongebied Die spesie word in Namibië, Botswana en die westelike dele van Suid-Afrika in rivierbos en in droë struikgewasse naby water aangetref. Daar is twee subspesies: P. n. nigricans: suidwestelike Angola, Namibië, Botswana en westelike Suid-Afrika. P. n. superior: sentrale dele van Suid-Afrika.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Eksterne skakels

Kategorie:Tiptolle