Carcass is 'n Britse (Engelse) musiekgroep vanaf Liverpool, gestig in 1985. Die kitaarspeler Bill Steer en baskitaarspeler en sanger Jeff Walker is die enigste konstante lede. Die groep het opgebreek in 1996, maar weer begin in 2007. Hulle het al ses ateljeealbums uitgebring.

Carcass word beskou as een van die pioniers van die grindcore genre.

Die groep se lirieke fokus baie op diereregte. Walker en Steer is beide vegetariërs.

Lede Huidige lede Bill Steer Jeff Walker Daniel Wilding Tom Draper

Gewese lede Michael Amott Carlo Regadas Ken Owen Daniel Erlandsson Ben Ash

Diskografie 1988: Reek of Putrefaction 1989: Symphonies of Sickness 1991: Necroticism – Descanting the Insalubrious 1993: Heartwork 1996: Swansong 2013: Surgical Steel 2021: Torn Arteries

Verwysings

Sien ook Lys van heavy metal-kunstenaars

Kategorie:Engelse musiekgroepe