Die ysbeer (Ursus maritimus) is 'n beerspesie wat van nature in die omgewing van die Noordpool voorkom en die alfa-roofdier in die omgewing is. Sy dik lae vet en pels beskerm hom teen die koue en sy deursigtige pels, wat lyk asof dit wit of roomkleurig is, kamoefleer hom teen sy prooi. Die beer het 'n kort stert en klein ore wat hitteverlies help verminder en 'n relatiewe klein kop en 'n lang, keëlvormige liggaam wat dit makliker maak om te swem. Die ysbeer is van nature aangepas by 'n habitat van land, water en ys en is afhanklik van die pakys, drywende ysskotse en die seelewe vir oorlewing.Animal Diversity Web se bladsy oor die Ysbeer.

Wetenskaplikes glo dat die geprojekteerde vermindering van die Poolse dryfys, as gevolg van aardverwarming, 'n negatiewe impak op die spesie kan hê en selfs binne hierdie eeu nog tot hulle uitsterwing kan lei. Die bevolkingssyfers het met tot 20% gedaal in die afgelope jare, die gemiddelde gewig van ysbere het afgeneem en die welpies se oorlewingsgetalle het ook ernstig gedaal.Polar bear 'extinct within 100 years van die BBC webwerf. Laaste besoek op 2006-02-01.Ursus maritimus op die IUCN se Rooilys van bedreigde spesies. Die inskrywing verskaf 'n grondige rede waarom hierdie spesie as kwesbaar geklassifiseer word.

Fisiese beskrywing Grootte en massa Saam met die Kodiakbeer word die ysbeer onder die grootste lewende karnivore getel en 'n manlike ysbeer kan tot twee keer so veel as 'n Siberiese tier weeg. Daar is 'n groot verskil tussen die twee geslagte se grootte: 'n volwasse manlike ysbeer weeg 300-600 kg en is 2,4-2,6 m in lengte. 'n Volwasse wyfie is rofweg die helfte so groot as 'n mannetjie en weeg normaalweg 150-300 kg en word 1,9-2,1 m lank.SeaWorld se bladsy oor ysbere.U.S. Fish and Wildlife Service se bladsy oor die ysbere Welpies weeg maar slegs 600-700 g met geboorte.

Die grootste ysbeer op rekord is in Kotzebue Sound in Alaska in 1960 geskiet. Volgens die 2006-uitgawe van die Guinness World Records-boek het hierdie beer 'n beraamde 580 kg geweeg en was hy 3,38 m lank.Guinness World Records, Guinness World Records 2006, Guinness (15 Augustus 2005),

Onlangse data wys egter dat die algemene massa van ysbere besig is om te daal, 'n aanwysing van die huidige druk waaronder die bere is. 'n Studie deur die National Geographic Society het in 2004 gewys dat ysbere in daardie jaar 'n gemiddeld van 15% minder geweeg het as in die 1970's. In 2007 het die vroulike ysbere in Hudson Bay 'n gemiddelde massa van 230 kg gehad – 'n skerp daling van die gemiddelde massa van 300 kg in 1980.

Pels en huid 'n Ysbeer se pels is kleurloos en deursigtig, ten spyte van sy skynbare wit kleur, en beskerm die beer teen koue, terwyl die skynbare wit pels goeie kamoeflering verskaf. Onder sy pels het die ysbeer 'n swart vel, wat sigbaar is by sy neus, oë en mond. 'n Ysbeer het 'n swart neus en harde hare op die sole van sy pote om dit teen die koue te beskerm en ook om die beer te help om 'n houvas op die gladde ys te kry.

In teenstelling met ander Arktiese diere, verhaar die ysbeer nie in die somer nie. Die hare van sy pels is hol en dit was eens geglo dat die hare soos optiese veselbuise gereageer het en lig na die beer se swart vel gelei het waar dit dan geabsorbeer kan word – 'n teorie wat as onwaar bewys is deur onlangse studies.Is Polar Bear Hair Fiber Optic? deur Daniel W. Koon, Applied Optics LP, vol. 37, Uitgawe 15, bl. 3198-3200, 1998. Die dik pels dien wel as 'n buffer teen die hitte, sowel as die koue, en help om die bere koel te hou in warmer temperature, aangesien 'n ysbeer oorverhit teen temperature bo 10 °C (50 °F). As gevolg van so 'n koue liggaamstemperatuur is ysbere nouliks te sien met behulp van infrarooi fotografie – slegs hulle asem en snuite kan maklik gesien word. Die bere lê gewoonlik wydgestrek oor die ys om af te koel en op land grou hulle soms tot hulle bevrore grond ontdek. In die beer se pels groei daar ook dun verspreide beskermhare wat ongeveer 15 cm lang is. Die hare is hard en staan regop om te keer dat die beer se pels nie te veel saamplak as dit nat is nie. Water word dus ook maklik afgeskud voor dit kan vries. Ysbere sal ook in die sneeu rol om oortollige water van hul pels te verwyder.

Evolusie Verwante spesies duimnael|300px|'n Ysbeer in die Wapusk Nasionale Park, Manitoba, Kanada duimnael|Ysbeer wat swem Daar word geglo dat die skeiding tussen die wasbeer en ander beerspesies omtrent 30 miljoen jaar gelede begin het. Die brilbeer het omtrent 13 miljoen jaar gelede van die ander bere geskei. Die ses verskillende ursus-spesies het ongeveer 6 miljoen jaar gelede te voorskyn gekom. Te danke aan fossiele en DNA-bewyse weet ons vandag dat die ysbeer ongeveer 200 duisend jaar gelede van die bruinbeer geskei het; fossiele wys ook dat die ysbeer so kiestande tussen 10 en 20 duisend jaar gelede drasties verander het van dié van die bruinbeer.

Ysbere is al suksesvol met bruinbere geteel, "Ursus maritimus" (On-line), Animal Diversity Web deur Gunderson, A. 2002. Laaste besoek Julie 28, 2006. wat daarop dui dat die twee beersoorte nou verwant is. Geen van die twee spesies kan egter vir 'n lang tyd in die ander se habitat oorleef nie en aangesien hulle 'n duidelik verskillende liggaamsbou, metabolisme, sosiale gedrag, voedingsgedrag en ander omgewingsverwante verskille het, word die twee bere as aparte spesies geklassifiseer.

In 'n wyd-aangehaalde verslag wat in 1996 gepubliseer is, word 'n vergelyking getref tussen die DNA van al die verskillende bruinbeer soorte en is daar bewys dat die bruinbere van Alaska se ABC-eilande 'n meer onlangse gemene voorvader met ysbere deel as met enige ander bruinbeer soort in die wêreld.Mitochondrial DNA Phylogeography of the North American Brown Bear and Implications for Conservation , deur Lisette P. Waits, Sandra L. Talbot, R.H. Ward en G. F. Shields. April 1998. Conservation Biology, bl.408-417 Nog 'n aanduiding dat die twee bere steeds verwant is, is die feit dat die ysbere se bloed, nes die bruinbere, 'n hibernasie-aktiveerder bevat, maar ander as die bruinbere gebruik die ysbere nie meer hierdie aktiveerder om te begin hiberneër nie. Hulle sal nou en dan 'n latente periode hê, waartydens hulle aaneen slaap (in besonder swanger wyfies), maar hulle liggaamstemperatuur daal nie tydens hierdie periode soos mens van 'n tipiese hibernerende soogdier sou verwag nie.

Subspesies en bevolkings Baie bronne verwys nie na ysbeersubspesies nie,Wildfacts – Polar bear van die BBC webwerf. Laaste besoek 28 Julie, 2006. maar ander bronne verwys weer na twee verskillende subspesies: Ursus maritimus maritimus en Ursus maritimus marinus.Ursus maritimus marinus ITIS Report deur die Integrated Taxonomic Information System. Laaste besoek 6 Maart, 2007.Ursus maritimus maritimus ITIS Report deur die Integrated Taxonomic Information System Die aantal ysbeerbevolkings blyk te verskil afhangende van wie die telling neem: die IUCN/SSC Polar Bear Specialist Group (PBSG), die vernaamste internasionale wetenskaplike instituut vir die navorsing en beheer van ysbere, herken twintig bevolkings wêreldwyd.Natural History by die Center for Biological Diversity se webwerf. Laaste besoek 6 Maart, 2007. Ander wetenskaplikes herken ses verskillende bevolkings:Polar Bear FAQ by die Polar Bears International webwerf. Laaste besoek 28 Julie, 2006. Die Chukchi-see bevolking op Wrangell-eiland en Westelike Alaska. Die Beaufort-see bevolking in die Noordelike en Noordwestelike Alaska en Noordwestelike Kanada. Die bevolking van die Kanadese-Arktiese eilandgroep. Die bevolking van Groenland. Die bevolking van die eiland Spitsbergen. Die bevolking van Sentraal-Siberië.

Verspreiding Al spandeer die ysbeer tyd op die land en ys word hy beskou as 'n seesoogdier, aangesien hy 'n intieme verhouding met die see handhaaf.US Environmental Protection Agency Die poolse spesie word in en om die Arktiese Oseaan aangetref; beweegbaarheid word in die Suide beperk deur pakys. James Bay in Kanada is die mees-Suidelike punt van hul natuurlike omgewing. Alhoewel daar aansienlik min van hulle Noord van 88 grade aangetref word, is daar wel bewyse van ysbere regoor die Noordpool gebied. Die bevolkingsberamings is bietjie meer as 20,000.Bear Facts by die Polar Bears International webwerf. Laaste besoek op 28 Julie 2006.

Die ysbere se verspreiding word beperk deur die beskikbaarheid van dryfys en ysskotse wat hulle gebruik om robbe, hul stapelvoedsel, te jag. Die vernietiging van sy habitat op die Arktiese ys bedreig die beer se oorlewing as 'n spesie: daar word geglo dat die ysbeer binne die volgende 100 jaar mag uitsterf.Global warming has U.S. rethinking polar bear status artikel op dieCBC Canada webwerf. Laaste besoek 8 Januarie, 2007. Tekens hiervan is reeds by die Suidelike grense van hul habitat opgemerk.Ysbere en aardverwarming: Endangered Species Act Listing Process for Polar Bears Underway by die Center for Biological Diversity. Laaste besoek 28 Julie 2006. Historical analysis of sea ice conditions in M'Clintock Channel and the Gulf of Boothia, Nunavut : implications for ringed seal and polar bear habitat. deur Barber, D.G. en Iacozza, J. soos verskyn in Arctic 57(1) Maart 2004 uitgawe, bl. 1-14. Polar bear distribution and abundance on the southwestern Hudson Bay coast during open water season, in relation to population trends and annual ice patterns. deur Stirling, I.; Lunn, N.J.; Iacozza, J.; Elliott, C. en Obbard, M. soos verskyn in Arctic 57(1) Maart 2004 uitgawe, bl. 15-26 Possible effects of climate warming on selected populations of polar bears (Ursus maritimus) in the Canadian Arctic. deur Stirling, I. en Parkinson, C.L.; soos verskyn in Arctic 59(3) September 2006 uitgawe, bl. 261-275The Heat is On deur T. Appenzeller en D. R. Dimick, soos verskyn inNational Geographic 206 (2004): 2-75.

Voedsel duimnael|links|300px|Drie nuuskierige ysbere nader die duikboot USS Honolulu, 450 km van die Noordpool Die ysbeer is die grootste karnivoor van die beerfamilie en sien ook mense as prooi aan. Ysbere eet hoofsaaklik robbe, veral ringelrobbe wat gate in die ys maak om deur asem te haal, maar sal enige iets eet wat hulle kan vang en doodmaak: voëls, knaagdiere, skulpdiere, krappe, beloegas (ook genaamd witwalvisse), jong walrusse, somtyds muskos-osse of rendiere en, in uiterste situasies, ander ysbere. Rendiere en muskos-osse is baie vinniger as 'n ysbeer en aangesien 'n ysbeer maklik oorverhit, word dié twee diere nie dikwels gejag nie. Ysbere is enorm sterke roofdiere, maar hulle sal nie sommer 'n volwasse walrus kan doodmaak nie, aangesien volwasse walrusse twee keer so swaar as ysbere weeg.US Fish & Wildlife Service inligting oor die ysbeer. Die ysbeer is self die prooi van slegs moordwalvisse, groter ysbere en mense.

As 'n karnivoor wat grotendeels op ander vis-etende karnivore voed, neem die ysbeer groot hoeveelhede vitamien A in wat in hulle lewer gestoor word. In die verlede is mense al vergiftig deur 'n oormaat vitamien A as die lewer van ysbere geëet word.A Balanced Diet in Antarctica by die Visit and Learn webwerf. URL besoek op 7 Maart 2007. Al is hulle karnivore, sal ysbere in die laat somer ook somtyds bessies, plantwortels en seewier eet.