Daniël van den Henghel was die waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie vanaf 19 September 1737 tot 14 April 1739.

Henghel was ook aan bewind toe die owerheid probleme met die Frans gebore Estiénne Barbier begin optel het. Barbier is later onder Hendrik Swellengrebel tereggestel en sy kop en hand in "de roodesands Cloof" geplaas en sy ander vier dele langs ander hoofweë op pale uitgestal.

In 1739 is hy as goewerneur opgevolg deur Hendrik Swellengrebel.

Sien ook Lys van kommandeurs en goewerneurs van die Kaapkolonie

Kategorie:Nederlandse kommandeurs en goewerneurs van die Kaapkolonie (VOC)