HP Inc. (ook bekend as HP, gestileerd: hp) is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming in die inligtingstegnologiebedryf wat sy hoofkwartier in Palo Alto, Kalifornië het. HP Inc. ontwikkel persoonlike rekenaars, drukkers en drukkertoebehore asook 3D-drukkertegnologie.
Die onderneming is op 1 November 2015 gevorm uit die rekenaar- en drukkerafdelings van die oorspronklike Hewlett-Packard Company, terwyl alle afdelings met produkte, wat in die behoeftes van professionele klante soos ondernemings voorsien (bedieners, wolkstoordienste, netwerk, sakekonsultasie, sagteware en finansies), in 'n nuutgestigte aparte onderneming, Hewlett-Packard Enterprise (HPE), saamgevat is. Die maatskappy se opsplitsing het die naamsverandering van Hewlett-Packard tot HP Inc. behels, waarby hierdie onderneming HP se aandeleprysgeskiedenis van voor-2015 asook sy effektebeurs-teledrukker-simbool HPQ bybehou het, terwyl HPE se aandele onder die simbool HPE nuut op effektebeurse verhandel word.
Kategorie:Amerikaanse maatskappye