Hierdie bladsy handel oor die deelstaat Brandenburg, vir die stad in Brandenburg, sien Brandenburg an der Havel. Land Brandenburg (Duits)Land Brannenborg (Nederduits)Kraj Bramborska (Neder-Sorbies)Deelstaat Brandenburg Landsvlag Landswapen 150px 100px (Besonderhede) (Besonderhede) Basiese gegewens Ampstale: Duits, Neder-Sorbies, Nederduits Hoofstad: Potsdam Gestig op: 3 Oktober 1990 Nieamptelike volkslied: Märkische Heide, märkischer Sand Oppervlakte: 29 654 km² (5de)(31 Desember 2024) Bevolking: 2 557 273 (10de)(31 Desember 2024) Bevolkingsdigtheid: 86 inwoners / km² (15de) BBP - Totaal (11de) - % Verandering teenoor vorige jaar - per inwoner 202497,540 miljard € 1,1% (2023)38 142 € Totale skuldlas: 21,146 miljard € (11de) (31 Maart 2025) Skuldlas per inwoner: 8 268 € (31 Maart 2025) Werkloosheidsyfer: 6,7% (Januarie 2026) ISO 3166-2: DE-BB Amptelike webwerf: www.brandenburg.de Politiek Eerste minister: Dietmar Woidke (SPD)(sedert 28 Augustus 2013) President van die Landtag: Ulrike Liedtke (SPD) Regerende partye: SPD en CDU Setels in die parlement (Landtag)(88 setels)(2019: 88 setels): SPD 32 (2019: 25)AfD 30 (23)CDU 12 (15)BSW 9 (–)Onafhanklik 3 (–) Laaste verkiesing: 22 September 2024 Volgende verkiesing: September 2029 Parlementêre verteenwoordiging Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 4 (van 69) Kaart 250px|senter
Brandenburg (Duits: [ˈbʁandn̩ˌbʊʁk] ; Nederduits: Bramborg/Brannenborg; Neder-Sorbies: Bramborska), amptelik die Deelstaat Brandenburg (Land Brandenburg, afkorting: BB; Land Brannenborg; Kraj Bramborska), is 'n deelstaat in die noordooste van Duitsland. Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Potsdam. Brandenburg grens in die ooste aan Pole, in die suide aan die deelstaat Sakse, in die weste aan die deelstaat Sakse-Anhalt, in die uiterste weste langs 'n klein deel van die Elbe se rivierloop aan die deelstaat Nedersakse en in die noorde aan Mecklenburg-Voorpommere. Die Duitse hoofstad Berlyn, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Brandenburg omring.
duimnael|links|Brandenburg, land van bosse: Vir elke bewoner is daar 300 bome. Die foto wys 'n eikeboom duimnael|links|Brandenburg, land van mere: Stechlinmeer duimnael|links|Die Sternenpark Westhavelland, in Februarie 2014 gesertifiseer deur die International Dark Sky Association (IDA) en grotendeels in die distrik Havelland sowat 70 km wes van Berlyn geleë, word onder die donkerste streke in Duitsland gereken. Die park is vir sterrekykers net so ideaal en vry van ligbesoedeling soos afgeleë gebiede van Namibië. Byna die enigste lig is die natuurlike hemellig met 'n oppervlakhelderheid van 21,78 mag/arcsec² Initiative gegen Lichtverschmutzung – Fachgruppe Dark Sky: Sternenparks in Deutschland und Europa. Besoek op 8 November 2019 Brandenburg se wisselvallige geskiedenis word in historiese bronne gedokumenteer wat sowat tien eeue terugstrek. Die land se status en grense was voortdurend aan veranderinge onderworpe. So het Brandenburg aanvanklik as markgraafskap bestaan, om later 'n keurvorstedom, die kerngebied van Pruise en een van sy provinsies en uiteindelik 'n deelstaat van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) te word wat reeds vyf jaar ná sy stigting in 1947 weer ontbind en in drie administratiewe distrikte – Potsdam, Frankfurt (Oder) en Cottbus – omgeskep is. Met die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland op 3 Oktober 1990 het Brandenburg sy vorige status herwin om een van die sestien deelstate van die Federale Republiek Duitsland te word.
Brandenburg is ten opsigte van sy oppervlakte die grootste van vyf nuwe oostelike deelstate wat op die gebied van die voormalige DDR gevorm is. Sy infrastruktuur is veral op Berlyn gerig, wat soos 'n eiland in die hart van Brandenburg lê. So word na Brandenburg dikwels as 'n deelstaat sonder geografiese hartland verwys. Christiane Büchner en Jochen Franzke: Das Land Brandenburg. Kleine politische Landeskunde. 5de hersiene uitgawe. Potsdam: Brandenburgische Landeszentrale für politische Bildung 2009, bl. 34 Saam met Berlyn vorm Brandenburg die metropolitaanse gebied (Duits: Metropolregion) Berlyn-Brandenburg en ook die welvarendste nedersettings van Brandenburg is in die omgewing van Berlyn geleë. Baie voormalige bewoners van die Duitse hoofstad het hulle hier in die landelike groen gordel gevestig. Die periferie van Brandenburg word deur yl bevolkte gebiede gekenmerk, wat veral op die landbou steun, soos Prignitz, Fläming, Spreewald, Oderbruch of Uckermark. In die omgewing van die stad Cottbus in die suidooste lê uitgestrekte dagboumyngebiede, waar groot hoeveelhede bruinkool vir die termiese kragsentrales van die gebied ontgin word.
Op die oog af is Brandenburg met meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope een van die waterrykste deelstate van Duitsland. Maar ondanks hierdie groot hoeveelhede oppervlakwater is daar 'n tekort aan grondwater en die gebied ontvang in vergelyking met ander deelstate 'n lae reënval. Brandenburg is bowendien 'n sanderige streek waar die grond sonder aangepaste landboumetodes meestal te arm is vir intensiewe boerdery.
Etimologie duimnael|links|Rekonstruksie van die Brandenburg as 'n Slawiese kasteelmuur, ca. 1100 Die deelstaat Brandenburg het sy naam te danke aan die gelyknamige stad. Die eerste skriftelike verwysing na die naam Brandenburg dateer uit die Bisdom Brandenburg se stigtingsakte. Dit beskryf die stigting van die bisdom in de civitate Brendanburg. Dit dateer uit die jaar 948, waaroor historici egter oneens is. Die eerste verwysing dateer uit die kronieke van Widukind van Corvey uit die jaar 967. Dit beskryf die verowering van die Brennaburg. Chronik der Stadt Brandenburg. hrsg. vom Arbeitskreis Stadtgeschichte im Brandenburgischen Kulturbund e. V., B. Neddermeyer, Berlyn 2003, . Die naam kan die volgende moontlike oorspronge hê: óf 'n Slawiese herkoms van die naam uit bran, "moeras" óf 'n Germaanse herkoms uit branda, "brand". 'n Afleiding van die heilige Brendanus die Navigator se naam is weens die in Brandenburg ontbrekende kultus rondom hom onwaarskynlik. Dié naam kon egter tydens die Karolingers se tydperk rondom die Frankonisering van plekname uit die Wes-Frankiese gebied oordra gewees het en dus sy oorsprong in 'n heiligekultus op 'n ander plek gehad het. Meer onlangse interpretasiepogings maak staat op 'n woord met 'n Indo-Europese oorsprong: *brendh vir "swel". In hierdie geval is die interpretasie gebaseer op 'n waterliggaam met die agtervoegsel -burg vir "kasteel". 1050 Jahre Brandenburg, hrsg. von Domstift und Historischer Verein Brandenburg (Havel), bl. 21.
Die naam Brennabor is heel waarskynlik fiktief. Die Boheemse Jesuïetepriester Bohuslaus Balbinus het in 1677 die plekname van die vroeëre Slawiese nedersettingsgebiede probeer rekonstrueer om hul Slawiese herkoms te bewys: "Brandenburg is destyds deur die Slawe: "Branny Bor", d.w.s. silvae custodia, wag van die bos, genoem. Otto Tschirch: Geschichte der Chur- und Hauptstadt Brandenburg an der Havel. 2 Bände. Buch- und Kunstdruckerei J. Wiesike, Brandenburg (Havel) 1928. Bohuslaus Balbinus: epitomae historica rerum Bohemicarum. Lib. I, Praag 1677, bl. 23. Otto Tschirch: Im Schutze des Rolands – Kulturgeschichtliche Streifzüge durch Alt-Brandenburg. 2. Auflage. J. Wiesike, Brandenburg an der Havel 1938. Om etnies-politieke redes het die Boheemse Slawiërs die ongewilde Duitse "burg" met die Slawiese, soortgelyk klinkende, maar nie gedokumenteerde "bor" vervang. Weens die "Burg" in die pleknaam kan met sekerheid aanvaar word dat die Slawiese inwoners van Brandenburg na hul kasteelmuur met 'n ander naam verwys het, maar die presiese naam is onbekend. Die fiktiewe "Brennabor" het slegs in gebruik gebly weens die gelyknamige maatskappy Brennabor wat van 1892 af in die stad Brandenburg an der Havel met groot sukses sy fietse onder hierdie naam vervaardig het.
Geografie duimnael|links|Landskapstoneel in die Unesco-biosfeerreservaat Spreewald duimnael|Oggendmis in die biosfeerreservaat Flusslandschaft Elbe-Brandenburg duimnael|Grenslandskap Oderbruch: Uitsig oor die Oderrivier, met die vroeëre Poolse vesting in Kostrzyn nad Odrą op die agtergrond Brandenburg lê in die Noord-Duitse Laagvlakte. Sy reliëf word deur twee heuwelreekse en twee laagtes oorheers. Die laagtes is riviervalleie, wat aan sy kante deur moerasgebiede begrens word. Hulle is meestal drooggelê en het vroeër groot hoeveelhede turf opgelewer. Die riviervalleie word in die plaaslike Duitse vakterminologie Bruch of Luch genoem.
Die noordelike Brandenburg beslaan net klein dele van die Mecklenburgse Mereplato se Noordelike of Baltiese Heuwelreeks. Die heuwelreeks in die suide loop oor 'n lengte van 230 kilometer van die Lausitzer Hoogtes (of meer presies die Sorause Sandberge) in die ooste oor Triebel en Spremberg, Calau in die noordweste en tot by die kaal en dorre Fläming – 'n streek wat sy naam aan Vlaamse setlaars te danke het wat hulle hier in die Middeleeue gevestig het.
Die suidelike laagte lê teen die noordelike rand van die heuwelreeks, met die Spreewald as sy vernaamste landskap. Die noordelike laagte lê teen die voet van die Baltiese Heuwelreeks en word oorheers deur die riviervalleie van die Netze- en Warthebruch, die Oderbruch, die Finowvallei, die Havellandse Luch en die Elberiviervallei.
Tussen die twee laagtes lê 'n plato, wat vanaf die gebied van die Poolse stad Posen (Poznań) in die ooste in westelike rigting na Brandenburg loop. Sy vernaamste Brandenburgse landskappe is die Sternbergse Land, die Spreeplato en Middelmark. 'n Aantal laagtes deursny die plato vanuit die suidooste in 'n noordwestelike rigting, soos byvoorbeeld die Faule Obravlakte en die Havelvallei. Die gebied word deur 'n aantal heuwels en heuwelreekse gekenmerk, waaronder die Semmelberg naby Bad Freienwalde op 'n hoogte van 157 meter bo seevlak, die Müggelberge in Berlyn-Köpenick (120 meter), die Havelberge 97 meter) en die Rauensche Berge naby Fürstenwalde (112 tot 152 meter).
Die hoogste bergpieke in Brandenburg is die Heidehoogte (Duits: Heidehöhe) naby die grens van die deelstaat Sakse in die suide en die Hagelberg naby Belzig in Fläming op 'n hoogte van 201 meter.
Die plato word oorwegend deur sanderige grond en uitgestrekte gebiede met dennebome en heide as die belangrikste flora gekenmerk. Ondanks sy dorre voorkoms is die grond orals deurmeng met leem en danksy aangepaste verbouingsmetodes geskik vir landbou.
Meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope en kanale maak van Brandenburg die waterrykste deelstaat van Duitsland. Nogtans word die land deur 'n tekort aan grondwater geknel. Die meeste groot mere en riviere word deur middel van kanale met mekaar verbind.
Klimaat duimnael|Wolke bring somerreënNiederfinow, Barnim-distrik Brandenburg is in die oorgangsgebied tussen die maritieme klimaatsone van Wes-Europa en die kontinentale klimaat van Oos-Europa geleë en het sodoende 'n gematigde kontinentale klimaat met betreklik warm somers en soms koue winters. Weens die relatief klein hoogteverskille van die terrein is temperatuurverskille tussen die verskillende landsdele beperk tot bepaalde weersituasies.
Die gemiddelde jaarlikse temperatuur wissel tussen 7 en 10 °C. Januarie is gewoonlik die koudste maand van die jaar, met 'n gemiddelde van -1 °C in die oostelike Brandenburg. Afhangende van die weersomstandighede kan die uiterstes in Januarie tussen -30 °C en +15 °C wees.
Julie is gewoonlik die warmste maand met 'n gemiddelde reënval van 34 millimeter en 'n gemiddelde temperatuur van 18 °C. Brandenburg behoort met 'n gemiddelde jaarlikse reënval van minder as 600 millimeter, wat hoofsaaklik in die somermaande aangeteken word, tot die droogste gebiede in Duitsland en Europa en word gedurende langer droë fases gereeld deur bosbrande bedreig. Net in enkele streke soos die Prignitz in die noordweste en in hoër geleë gebiede soos die Hohe Fläming en die Hohe Barnim word meer as 600 mm reënval aangeteken.