Die National Trust for Scotland for Places of Historic Interest or Natural Beauty, algemeen bekend as die National Trust for Scotland (Skots-Gaelies: Urras Nàiseanta na h-Alba) is 'n Skotse bewaringsorganisasie. Met 'n ledetal van meer as 380 000NTS: What we do. Besoek op 30 Oktober 2018 is dit die grootste organisasie in Skotland. Die National Trust for Scotland beskryf homself as 'n "bewarings- en welwillendheidsorganisasie wat Skotland se natuur- en kulturele erfenis beskerm en bekendstel sodat huidige en toekomstige generasies dit kan geniet".

Die Trust besit en bestuur sowat 130 eiendomme en 76 000 hektaar (of 760 km2) se grond,NTS: Our members. Besoek op 30 Oktober 2018 insluitende kastele, herehuise, historiese monumente en wonings, tuine en afgeleë landelike gebiede. Sy doelwitte is vergelykbaar met dié van sy susterorganisasie, die National Trust in Engeland, Wallis en Noord-Ierland, en ander internasionale bewaringsorganisasies.

Die NTS op die Afrikaanse Wikipedia Herehuise

Pollok House, Glasgow Kastele

Crathes-kasteel naby Banchory in Aberdeenshire Natuurreservate

Glen Coe

Verwysings

Kategorie:Kulturele organisasies in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Skotland