Die Quoin Point-vuurtoring is 'n vuurtoring by Quoin Point aan die Kaapse Suidkus tussen Danger Point en Kaap Agulhas ongeveer 3 kilometer suid van Die Dam.
Die vuurtoring is in 1955 opgerig. Dit is 22 meter hoog en bestaan uit 'n vierkantige, piramidevormige staalskelet met 'n rooi-en-wit gestreepte, diamantvormige dagmerk en 'n twee verdieping hoë wit houthuis vir die toringwagter.The Lighthouse Directory Lighthouses of South Africa, besoek op 23 Desember 2006
Verwysings
Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika