Matthew Richard "Matt" Stone (gebore 26 Mei 1971) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente BASEketball (1998), South Park: Bigger, Longer & Uncut (1999), en Team America: World Police (2004), en in die televisiereeks South Park (1997). Ook as medeskrywer vir The Book of Mormon (2011). Stone was geïnteresseerd in film en musiek as 'n kind, en het die Universiteit van Colorado na hoërskool bygewoon, waar hy Trey Parker ontmoet het. Hy is bekend as mede-stigter van South Park saam met Trey Parker.

Stone en Parker het verskuif na Los Angeles en skryf hul tweede film, Orgazmo (1997). Hulle het gewerk op 'n film getiteld South Park: Bigger, Longer & Uncut (1999), wat erkenning ontvang het van beide kritici en aanhangers. Saam met Parker, het hy ook verskeie rolprente en televisiereekse vervaardig, insluitend Team America: World Police (2004).

Vroeë lewe Matthew Richard Stone was gebore op Mei 26, 1971 in Houston, Texas. Sy pa is 'n ekonomie professor Gerald Whitney Stone en sy ma Sheila Lois (Belasco), wat Joods is.<ref>New York Times Artbeat: "‘South Park’ at 200: Trey Parker and Matt Stone Apologize to No One" by Dave Itzkoff Maart 10, 2010</ref> Stone en sy jonger suster Rachel het grootgeword in Littleton, 'n voorstad van Denver, Colorado.

Persoonlike lewe Vanaf 2001, het Stone 'n verhouding met Angela Howard. Hulle het ontmoet terwyl Howard 'n Comedy Central uitvoerendehoof was. In 2008, het hulle getrou en het twee kinders saam.

Filmografie Rolprente 1993: Cannibal! The Musical 1997: Orgazmo 1998: BASEketball 1999: South Park: Bigger, Longer & Uncut 2004: Team America: World Police 2019: Beyblade Giant Monsters Attack Japan! The Book of Mormon Televisiereekse 1995: Time Warped 1997: South Park 2001: That's My Bush! 2003: VH1 Goes Inside 2004: MTVU Stand In 2009: In Focus with Eden Lane 2011: 7.30 2015: The Weekly with Charlie Pickering 2018: Bluey Televisierolprente 1998: 1998 Primetime Creative Arts Emmy Awards 2003: Shocked 2011: 6 Days to Air: The Making of South Park 2012: E3 Xbox Media Briefing 2015: Ubisoft E3 2015 Conference 2016: Ubisoft E3 2016 Conference 2017: Become a Citizen of South Park Video's 1998: Master P: Kenny's Dead 2000: Christmas in South Park 2003: The Book of Orgazmo 2005: Team America': An Introduction 2005: Team America': Building the World 2005: '''Team America': Capturing the Action 2005: Team America': Miniature Pyrotechnics 2005: Team America': Pulling the Strings 2005: 'Team America': Up Close with Kim Jong-Il 2008: Imaginationland: The Movie

Verwysings

Eksterne skakels

Matt Stone and Trey Parkerby die Official South Park Website Fresh Air Interview

Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse animasiekunstenaars Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu