Barneveld (Nedersaksies: Barreveld / Bareveld) is ’n dorp en munisipaliteit in die provinsie Gelderland in Nederland.

Die munisipale gebied het sowat 58 000 inwoners (2018) en 'n oppervlakte van 177 km².

Barneveld is 'n baie kerkelike gemeenskap. Die Hoeksteen (behoor tot die Gereformeerde Gemeenten in Nederland) is een van die grootste kerkgeboue in Nederland.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Gelderland