VenesiëCittà di VeneziaVenexia/Venèsia 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Gewes 23px Veneto Provinsie 23px Venesië (VE) Koördinate Stigting Antieke oudheid Oppervlakte: - Totaal 414,57 vk km Tabella delle superfici del Comune di Venezia Hoogte bo seevlak 1 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2018) 260 520 Città di Venezia: Movimento demografico. Besoek op 10 Junie 2019 - Bevolkingsdigtheid 628,4/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde seeklimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 13,5 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 3,0 / 23,1 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 770 mm Burgemeester Luigi Brugnaro (CI) Amptelike webwerf comune.venezia.it
Venesië (Italiaans: Venezia, [veˈnɛttsja], ; Venesiaans: Venexia, Venèsia of Venezsia, Michele Brunelli. Dizsionario Xenerałe de ła Łéngua Vèneta e łe só varianti [veˈnessi̯a]) is die hoofstad van die administratiewe gewes van Veneto in Italië, vorm saam met die stad van Padua die Metropolitaanse gebied van Padua en Venesië, en dra die bynaam La Serenissima (Die Deurlugtigste). Gina Fasoli: La Serenissima (= Novissima enciclopedia monografica illustrata. Band. 67). Florenz 1937, Die ou stad (Centro Storico) is op 'n paar groot eilande in die halfmaanvormige strandmeer van Venesië geleë. Op die vasteland het die uitgestrekte residensiële en nywerheidsbuurte van Mestre ontstaan wat tans die oorgrote meerderheid Venesiane huisves.
duimnael|links|Venesië – die stad tussen hemel en aarde (Francesco Petrarca), die vreemde droom op die water (Charles Dickens) – is steeds een van die visueel aantreklikste metropole op aarde (Peter Ackroyd). 'n Besoek aan Venesië was een van die mees wonderlike ervarings vir Middeleeuse waarnemers. Die konstruksiemetodes, wat vir hierdie wonderwerk van Italiaanse boukuns gebruik is, is net so uniek soos sy ligging. Die stad se fondamente rus op 'n versonke bos van miljoene bome wat in Veneto gekap en na die strandmeer vervoer is. Die houtpale het onder water keihard geword en sal sonder suurstoftoevoer nie maklik verweer of verrot nie duimnael|links|Uitsig oor die eiland San Giorgio Maggiore in die vroeë oggendure duimnael|links|Die Venesiaanse adel (die foto wys 'n karnavaltoneel met historiese kostuums) het daarin geslaag om 'n republikeinse onafhanklikheidsideaal te verwesenlik. Met die ondergang van hul republiek in 1797 het Venesiane hul stad omgeskep in 'n wêreldsentrum van kultuur en vermaak. 'n Besoek aan Venesië was een van die hoogtepunte van die Grand Tour wat jong Britse adellikes in die 19de eeu deur Europa onderneem het duimnael|links|In die 20ste en 21ste eeu het die motorisering van privaat bootvervoer en massatoerisme met jaarliks sowat dertig miljoen besoekers 'n seën en vloek vir Venesiane geword. Motor- en plesierbote besoedel die water en berokken met hul golwe en vibrasies ernstige skade aan die fondamente van geboue. Daarnaas veroorsaak elke groot plesierboot dieselfde hoeveelheid skadelike uitlaatgasse soos 14 000 motors Die Welt, 13 November 2013: Trotz neuer Verbote – Venedig verzweifelt an Kreuzfahrtschiff-Plage. Besoek op 19 Augustus 2018 duimnael|links|Palazzo Cavalli-Franchetti, Canal Grande. Op die oog af lyk Venesië met sy indrukwekkende fasades soos 'n stad wat van marmer en kosbare steensoorte gebou is. Nogtans is dit 'n treflike voorbeeld van baksteenboukuns volgens die tradisies wat uit die Romeinse tydperk oorgeërf is duimnael|links|Nuwejaarskonsert in die Teatro La Fenice Oor die eeue heen het Venesiane hier 'n unieke wêreld van hul eie geskep wat in baie opsigte – leefstyl, taal, argitektuur, kookkuns, modes en volkskarakter – merkbaar van ander Italiaanse stede en streke verskil. Hul leefwêreld bestaan uit 'n labirint van klein en groot kanale, met 118 bewoonde en onbewoonde eilande wat oor die loop van tyd 'n verskeidenheid funksies vervul het – as skuilplekke, vestings, kloosters, lasarette, kampe vir melaatses, kwarantyn-stasies vir slagoffers van die pes, groentetuine of werkswinkels vir tradisionele ambagte soos glasvervaardiging. Die eerste vaste verbinding per spoor met die vasteland het eers in 1846 ontstaan, maar bote bly steeds die belangrikste vervoermiddel. Motors is uit die historiese kernstad verban.
Die historiese beginpunt van die Venesiaanse wêreld val saam met die ineenstorting en ondergang van 'n ander. In die 5de eeu n.C. het die Romeinse paaie, wat die welvarende gebiede van Noord-Italië met ander dele van die Romeinse Ryk verbind het, maklike toegangsroetes geword vir barbaarse veroweraars wat verwoesting gesaai het – Vandale en Oos-Gote op hul pad na Rome, Hunne onder Attila (vanaf 452) en Germaanse Langobarde (vanaf 568). Toe die Romeinse administratiewe en militêre strukture in 'n stormloop van invallers verbrokkel het, het die Venesiaanse strandmeer 'n skuilplek geword vir agtereenvolgende golwe van vlugtelinge wat hier 'n eenvoudige bestaan gevoer het as vissers, soutmakers, groenteboere en skeepvaarders.
Vanaf die legendariese stadstigting in 421, en met die Bisantynse Ryk as vroeë beskermheer, het Venesië deur die eeue algaande gegroei tot een van vier stadstate in Italië (naas Genua, Pisa en Amalfi) wat as Repubbliche Marinare of historiese Seerepublieke mekaar die heerskappy ter see en die daarmee gepaard gaande handel en politieke invloed in die Middellandse Seegebied betwis het. Die Seerepublieke het hul bloeitydperk gedurende die Middeleeue beleef.
Venesië was tot 1797 die hoofstad van die Republiek Venesië, een van die belangrikste politieke en ekonomiese rolspelers in die destydse Europa, en was ook met sy meer as 180 000 inwoners een van die grootste Europese stede. Tot en met die 16de eeu was dit een van die grootste handelspilpunte vir die hele vasteland; met sterk handelsbetrekkinge tussen Wes-Europa en die oostelike Middellandse See. Venesië het ook oor die meeste handel- en oorlogskepe beskik. Die adelklas het munt geslaan uit die handeldryf met weeldegoedere, kruie en speserye, sout en koring.
Venesië het ontpop tot die grootste geldmagsentrum en (saam met Florence) die bakermat van moderne kapitalisme wat met sy nuutontwikkelde bankstelsel ekonomiese aktiwiteite deur lenings gestimuleer het. Venesië was heerser oor 'n koloniale ryk langs sy handelsroetes, die Stato da Màr, wat tot by Kreta gestrek het en vir 'n tydjie lank ook Siprus, Freddy Thiriet: La Romanie vénitienne au Moyen Age. Le développement et l'exploitation du domaine colonial vénitien (XIIe–XVe siècles) (Bibliothèque des écoles françaises d'Athènes et de Rome. Bd. 193). E. de Boccard, Paris 1959, ; 2de uitgawe, Édition-Diffusion de Boccard, Parys 1975, en uitgestrekte besittings op die Italiaanse vasteland, die Terraferma, met 'n bevolking wat in taal, kultuur en geloof nou verwant was aan die Venesiane.
Na afloop van die Franse en Oostenrykse oorheersing tussen 1798 en 1866 word die stad deel van Italië. In 1929 word die nywerheidskompleks Mestre-Marghera by die Comune di Venezia ingelyf. Tydens die Tweede Wêreldoorlog word die Jode vervolg en verdelg. In die jare 1965 tot 1970 sit die stad met byna 370 000 stadsinwoners, die hoogste in die geskiedenis. Sedertdien het hierdie getal met meer as 100 000 siele verminder. Venesië en sy strandmeer is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Venice and its Lagoon. Unesco-Welterbeliste Nr. 394. unesco.org. Besoek op 25 November 2016.
Al is Venesië se historiese sentrum ’n eersterangse toeristebestemming, trek veral groot internasionale en Italiaanse ondernemings uit die toerismesektor, wat nie hul setel in die stad het nie en min bydra tot sy belastinginkomste, die grootste voordeel uit die besoekerstroom wat in 2018 tot 33 miljoen gegroei het. Terwyl Venesië die benodigde infrastruktuur vir massatoerisme moet verskaf (soos vullisverwydering), het dit 'n negatiewe uitwerking op Venesiane se daaglikse lewe. So word talle woonstelle op onwettige wyse as toeristeverblyf verhuur, terwyl daar intussen 'n gebrek aan nodige infrastruktuurgeriewe vir die krimpende permanente bevolking soos winkels, skole en mediese sorg is.
Vanaf Mei 2019 sal toeriste, wat met openbare vervoermiddels in Venesië aankom, €3 ekstra saam met hul kaartjie betaal. Hierdie belasting sal stapsgewys verhoog word tot tussen €5 en €10, afhangende van die kategorie waarin ’n toeris geplaas word. Gaste met hotelverblyf sal minder belasting hoef te betaal as dagbesoekers. Die provinsiale Lega Nord-regering is gekant teen hierdie belasting en pleit vir 'n beperking van die besoekerstroom.
Die nywerheidsentrum is meer op die vasteland in die weste gekonsentreerd, veral rondom Mestre en Marghera. Hier het petrochemiese aanlegte ontstaan wat 'n konstante bedreiging vir die strandmeer se gevoelige ekostelsel inhou.
In die Centro storico het die grootskaalse privatiseringsbeleid, waarin 'n groep bou-ondernemings (waaronder maatskappye waarin die invloedryke Benetton-familie belange het) 'n sentrale rol speel, aan Venesië onder die vorige stadsregering die bynaam Benettown besorg.
Etimologie Beide die stadsnaam "Venesië" en die streeksnaam Veneto is afgelei van die antieke volk Veneters.Heinrich Kretschmayr: Geschichte von Venedig, 3 bande, Gotha 1905 en 1920, Stuttgart 1934; tweede herdruk, aldaar 1986, ; elektroniese bron: Salzwasser Verlag, Paderborn 2013, (aanlyn).
Geografie Ligging Die totale oppervlak van Venesië beslaan 414,6 km², waarvan 257,7 km² aan wateroppervlak afgestaan moet word. Op 31 Desember 2016 het Venesië 'n bevolking van 261 905 inwoners, waarvan 181 883 in die stadswyke op die vasteland, 58 901 in die ou stad self en 29 674 binne die strandmeergebied bly. Op 31 Desember 2018 het die getal na altesaam 260 520 stadsbewoners gedaal. Die strandmeer het 118 eilande. Dit strek oor omtrent 50 km tussen die Adigeriviermonding in die suide en die Piaveriviermonding in die noorde in die Adriatiese See.
Geologie duimnael|Lugfoto van die ou stad van Venesië, die Centro Storico, met die kronkelende Canal Grande, die laaste gedeelte van die Brenta-rivierloop wat tot die hoofaar van watervervoer ontwikkel is duimnael|'n Soechoi Superjet 100 vlieg teen sononder oor die Venesiaanse strandmeer. Venesië se Marco Polo-lughawe is die derde besigste in Italië met weekliks sowat 1 000 vlugte duimnael|Die vloedramp van 4 November 1966 – die oorstroomde Sint Markusplein Die heel eerste dorpies wat mettertyd aan mekaar vas gegroei het om Venesië tot stand te bring, is in 'n moerasland geleë. Hierdie moerasland het sy ontstaan te danke aan die werking van riviere wat na die Ystydperk ontspruit het. Die strandmeer, wat by die riviermondings ontstaan het, beslaan vandag omtrent 550 km² (waarvan sowat 'n tiende bevaarbaar is) en word deur 'n 60 km-lange duinrand (sandbanke) van die Adriatiese See geskei. Slegs sowat drie persent van hierdie oppervlak is eilande; die res bestaan uit drassige moddervlaktes en moerasland, die barene wat meer as 90 km² beslaan, asook die visveld van ongeveer 92 km², ook bekend as die Valli da pesca. Natuurlike kanale, wat bekend staan as die ghebi, loop soos are deur die barene. Destyds in 1900 was die Barene meer as 250 km² in omvang. In teenstelling tot die dikwels oorstroomde barene het die velme net hier en daar bietjie plantegroei. Hans-Jürgen Hübner: Die Lagune von Venedig, in: geschichte-venedigs.de, Abschnitt Barene, besoek op 14 Maart 2017.