Ugyen Wangchuck (Dzongkha: ཨོ་རྒྱན་དབང་ཕྱུག, Wylie: o rgyan dbang phyug; 11 Junie 1862 – 26 Augustus 1926) was van 1907 tot 1926 die eerste koning van Bhoetan, of Druk Gyalpo ("Draakkoning"). In sy leeftyd het hy groot pogings aangewend om die land te verenig en die vertroue van sy volk te wen.
Lewe Hy was die seun van die 10de penlop van Trongsa, Jigme Namgyel. Nadat Namgyel die 48ste Druk Desi geword het, het hy die 17-jarige Ugyen as die 23ste penlop van Paro aangestel. Ugyen was skaars 21 toe sy pa dood is en hy het hom daarna bewywer om die mag in die land onder hom te vestig.
Hy het die monargie in 1907 gestig nadat hy deur ’n vergadering van geestelikes, amptenare en aristokratise families as koning gekies is. Teen daardie tyd was hy eintlik al 10 jaar lank die land se werklike leier.
Bhoetan se eerste koning is in 1926 oorlede toe hy 64 was. Sy seun Jigme Wangchuck was 23 toe hy sy pa opvolg.
Verwysings
Eksterne skakels Bhoetan se koninklike familie 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bhoetanese monarge