Die Wet op Naturellengrond (Wet Nr. 27 van 1913; soms ook Naturellen Grond Wet) was die hoeksteen van aparte landelike gebiede vir swart mense in die Unie van Suid-Afrika. Die hoof oogmerk van die wet was om naturelle te verhoed om grond wat aan ander rasse behoort, te koop en insgelyks ander rasse te verhoed om grond wat aan naturelle behoort, te koop. Die wet het ook die oor en weer huur van grond verbied. Dit was veral gemik op deelsaaiery, die huur van grond teen "oorbetaling" van 'n deel van die oes of aanwas van vee. Reeds voor 1936 het kritici van die wet woorde gebruik soos: afgryslik, genadeloos, wreedaardig, verderflik, hardvogtig, berug, venynig, giftig en bytend om die wet te beskryf.Harvey M Feinberg, Prominent Black Leaders' Commentary on the Natives Land Act, 1913–1936, Historia, 52, 2 November 2006, p. 125 duimnael|Jacobus W Sauer Die taak om die wetsontwerp aan die Volksraad voor te stel, het by J.W. Sauer, die nuwe Minister van Naturellesake, berus. Hy was 'n vooraanstaande liberalis wat, weens die onmin in die kabinet oor die uitlatings van J.B.M. Hertzog, op 23 Januarie 1913 deur Louis Botha as Minister van Justisie en Minister van Naturellesake aangestel is.J.D. Naude, Genl. J.B.M. Hertzog en die ontstaan van die Nasionale Party, Voortrekkerpers, Johannesburg, 1970, p. 87. Die debat oor die wetsontwerp het op 23 April 1913 'n aanvang geneem.Farieda Khan, The Natives Land Act, 1913 – The Historical Context and Political Implications, 27 Mei 2013, p. 4, uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Parlement en beskikbaar op hul webwerf Die Volksraad het die wetsontwerp weer op 15 Mei 1913 bespreek.Khan, supra, p.5 Die debat in die Senaat het op 13 Junie plaasgevind.Khan, supra,p.5 Die wet is deur die Goewerneur-generaal op 26 Junie 1913 goedgekeur. Sauer is oorlede op 24 Julie 1913.

Aan die begin van die negentiende eeu het blankes en swartes se regsbeginsels van grondbesit hemelsbreed verskil. Honderd jaar later het eersgenoemdes se stelsel van privaateiendom van grond en die registrasie daarvan geseëvier, hoewel daar steeds gebiede was waar swartes grond gemeenskaplik besit het. Maar die voormalige kolonies het verskillende stelsels gehad ingevolge waarvan swartes grond kon bekom. In die Oranje-Vrystaat is dit hoegenaamd nie toegelaat nie. In Natal en die Kaap is dit wel toegelaat. In Transvaal kon swartes grond koop, op voorwaarde dat dit dan op naam van 'n staatsamptenaar geregistreer word en hy dit dan in trust hou vir die koper. In 1905 het die Hooggeregshof beslis dat hierdie voorbehoud ongeldig was.Feinberg, supra, p. 122;Tshewu v Registrar of Deeds, 1905 T.S. 130. Verslae wat by die Beaumontkommissie ingedien is, het aangetoon dat meer as 'n miljoen morg in die hele Unie in die privaatbesit van swartes was.Beaumontverslag, U.G.25-16, par.68-9 Dit is dienstig om voortaan swartes naturelle te noem want dit was die woord wat in die wet gebruik was. Die wet het 'n bylae gehad en dit het 'n lys vaste eiendomme bevat. In die wet word na hulle verwys as "in de Bijlage opgenoemde naturellestreek".

Die wet

Definisies "Naturel" word omskryf as 'n persoon, manlik of vroulik, wat behoort aan 'n inboorlingras of stam van Afrika; dit sluit in 'n maatskappy waarin naturelle 'n besturende belang het.Wet 27 van 1913, art. 10

"Naturellestreek" in die bylae word eerstens in provinsies en daarna in distrikte opgedeel. In die Transvaal, Vrystaat en Natal word die grootte van elke stuk grond aangedui. Nêrens in die Kaapprovinsie word die grootte van 'n stuk grond aangegee nie. Nêrens in die bylae of die wet self word die grootte van die totale "naturellestreek" aangedui nie.

Uitsonderings Die wet was nie van toepassing op enige grond geleë binne die magsgebied van 'n munisipale raad, stadsraad, stadsbestuur, dorpsbeheerraad of gesondheidskomitee of ander plaaslike gesag.Wet 27 van 1913, art. 8(1)(g) en (i) Die wet was nie van toepassing op grond wat behoort het aan enige genootskap wat, met die goedkeuring van die regering, sigself gewei het aan die opvoeding van naturelle of sendingwerk onder hulle doen nie.Wet 27 van 1913, art. 8(1)(h) Die wet was nie van toepassing op erflatings van grond nie.Wet 27 van 1913, art. 8(1)(c) Die wet was nie van toepassing op die voortsetting of vernuwing van enige kontrak wat voor die inwerkingtreding van die wet aangegaan is nie.Wet 27 van 1913, art. 8(1)(a)

Die Kaapprovinsie was 'n tameletjie. Hulle was 'n veelrassige demokrasie sedert 1854. Nes Brittanje kon slegs volwasse mans stem. Om te kan stem moes die mans grond van £25 besit of 'n inkomste van £50 per jaar verdien.Hahlo & Kahn, The Union of South Africa, Juta, Johannesburg, 1960, p. 54. Die Kaapse stemreg was deur die verskanste klousules van die grondwet beskerm.South Africa Act, 9 Edw, 7, c.9, art. 23 Die Wet op Naturellengrond het bepaal dat dit nie in die Kaap sou geld vir persone indien dit sou verhoed dat daardie persoon as kieser kan geregistreer nie. Die Beaumontverslag stel dit onomwonde: "As a result the Natives Land Act has no practical application in the Cape Province, for it does not prohibit a European or a Native from purchasing or leasing land wherever situated in that Province".Beaumontverslag, U.G.25-16, par.167.

In die Transvaal en Natal mog geen naturel van plaasgrond afgesit word indien hy of die hoof van sy gesin (toe die wet 'n aanvang geneem het) by die Departement van Naturellesake geregistreer was as woonagtig op daardie plaas nie.Wet 27 van 1913, art. 6.

Verbiedinge Die belangrike verbiedinge in die wet is vervat in artikel 1 daarvan. Die artikel verbied die koop en huur van grond in sekere gebiede deur sekere mense. Al die transaksies was egter onderhewig aan die voorbehoud dat die regering hulle kon goedkeur. Daar is getuienis dat die regering dit wel gedoen het. Feinstein het getuienis gevind dat die regering tussen 1913 en 1935 3,000 koopkontrakte en 2,800 huurkontrakte goedgekeur het.Feinstein, supra, p. 136. In 'n naturellestreek is ander mense as naturelle verbied om grond te koop of te huur.Wet 27 van 1913, artikel 1(2)In gebiede buite 'n naturellestreek was daar twee bepalings: (a) naturelle was verbied om van mense anders as naturelle grond te koop of te huur en (b) mense ander as naturelle was verbied om van naturelle grond te koop of te huur.Wet 27 van 1913, artikel 1(1) Ingevolge artikel 10 moes 'n deelsaaier as 'n huurder beskou word.

Kommissie Ingevolge artikel 2 moes 'n kommissie aangestel word om verslag te doen oor welke streke ter syde gesit moes word as streke waarin naturelle geen grond kon koop of huur nie; asook streke waarin ander persone as naturelle geen grond kon koop of huur nie.

Bepalings wat die wet nie bevat het nie. Die wet het geen bepaling bevat wat die besetting of bewoning van enige grond deur enigiemand verbied het nie. Die wet het geen meganisme verskaf ingevolge waarvan enigiemand van grond afgesit kon word nie.

Verloop van die wet

Die kommissie en sy verslag Sir William Beaumont is as voorsitter van die kommissie aangestel. Die verslag is in 1916 by die parlement ingedien.Sien U.G.19-16 tot U.G. 25-16

In sy verslag het die kommissie sekere statistiek bekend gemaak. Sedertdien word hierdie syfers gebruik en misbruik om argumente te ondersteun. Dit lyk asof die volgende syfers belangrik is: Plekke waar naturelle woonGrootte in morgPersentasie van UnieReservate11,164,4847.13Sendingstasies538,3430.36Naturelle-eienaars1,002,0390.7Kroongrond942,2800.65Blankegrond4,156,329 Plekke waar naturelle woonGetalleReservate1,929,604Sendingstasies94,662Naturelle-eienaars123,648Kroongrond121,105Blankegrond okkupeer deur blankes1,286,316Blankegrond slegs okkupeer deur naturelle325,179TOTAAL LANDELIK3,880,514Totaal stedelik537,151GROOT TOTAAL4,417,665

Die kommissie het aanbeveel dat sekere gebiede gevoeg word by gebiede waarin slegs naturelle grond kon koop en huur. Die gebiede het in die volgende provinsies geval: Provinsies waarin gebiede vir naturelle gevoeg moes wordGrootte in morgNatal1,861,680Kaap1,313,055Transvaal5,042,693Vrystaat148,3168,365,744

Die verslag gee mens 'n insig in sommige van die ekonomiese en maatskaplike probleme waarmee die land destyds geworstel het. In paragrawe 80 tot 89 behandel hulle plase wat in blankes se name geregistreer is, maar waarop slegs naturelle woon. Dit het 325,179 morg beslaan. Sommiges hiervan was reeds vir geslagte lank deur stamme bewoon en hulle moes veel meer huurgeld betaal as wat die grond werd was. Sulke stamme sou eerder die plase wou koop.Beaumont, supra, par. 83. Daarbenewens was daar baie plase waarop die inwoners hulself losgemaak het van hul stamverband. Die blanke eienaar het sy plaas aan 'n groot aantal naturelle verhuur om 'n wins te maak. Daar was geen dissipline op sulke plase nie en skelms het ook daarheen getrek. Boere het neerhalend sulke grondeienaars beskuldig dat hulle met kaffers boer.Beaumont, supra, par.84. Sommige swart eienaars het ook 'n klomp huurders op hul plase aangehou.Beaumont, supra, par. 73. Die kommissie was bewus daarvan dat die wet honderde deelsaaiers in die Vrystaat benadeel het. Grond moes gevind word om deelsaaiers wat nie bereid was om "labour tenants" te word nie, te akkommodeer.Beaumont, supra, par. 75. Weliswaar was die naturelle reservate oorbevolk, maar slegs weens die onekonomiese wyse waarop die grond bewoon en bewerk word en die oorbeweiding deur vee. Tensy hul leefwyse verander word, sou hierdie naturelle in die toekoms meer en meer grond benodig.Beaumont, supra, par. 42-43.

Die regering het nie kans gesien om die nodige wetgewing deur te voer nie en die verslag is op die lange baan geplaas.

1913 tot 1936 Die parlement het nie enige wysigings aan die wet aangebring nie.

In 1917 het die hoogste hof in die land, die Appèlafdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, bevestig dat die wet nie van toepassing was "in de Provincie de Kaap de Goede Hoop" nie. Die beslissing kan aangehaal word as Thompson v Kama, 1917 A.D. 209. Sedertdien kon al die sommetjies wat wonderbaarlik op 7% eindig, in die vullisblik gegooi word. Sedertdien (tot ten minste 1936) kon enige naturel 'n ou wynplasie in Franschhoek koop en selfs 'n vakansiehuisie in Melkbosstrand huur.

1936 tot 1948 Die stigting van die Verenigde Party het aan Hertzog die nodige aantal stemme in die Parlement gegee om met naturelle se stemreg in die Kaapprovinsie in te meng. Op die koop toe kon hy sommer alle naturelle se reg om grond te kry aan bande lê.

Die Naturelletrust en –grond Wet, No. 18 van 1936, is op 13 Junie 1936 deur die Goewerneur-generaal goedgekeur en hy het dit in Afrikaans geteken. Die hele wet, behalwe Hoofstuk IV, is ingevoer op 31 August 1936. Die wet het ’n splinternuwe regime vir die beperking op die reg van naturelle om grond te besit, geskep. Vir hierdie doel moes sekere bepalings van die Wet op Naturellengrond van 1913 herroep word. Ingevolge artikel 50 is die volgende bepalings herroep: Artikel 6 het voorheen bepaal dat geen naturel wat in die Transvaal of Natal op ’n witman se plaas gebly het, gestraf of afgesit kon word as hy by die Departement van Naturellesake geregistreer was nie. Artikel 7, wat sekere uitsondering geskep het ten opsigte van naturelle in die Vrystaat, het weggeval. Artikel 8(1)(a) wat die verlenging en hernuwing van huurkontrakte deur naturelle toegelaat het, is stopgesit. Artikel 8(1)(c) se herroeping het witmense die reg ontneem om grond aan ’n naturel te bemaak in hul testamente. Artikel 8(2), wat toegelaat het dat naturelle oral in die Kaapprovinsie grond kon koop en huur, is summier herroep.