Die Tết Offensief of Tết Aanval (Viëtnamees: Sự kiện Tết Mậu Thân 1968 of Tổng tiến công và nổi dậy Tết Mậu Thân) was 'n reeks operasionele aanvalle gedurende die Viëtnamoorlog, gekoördineer tussen bataljon sterkte elemente van die Nasionale Front vir die Bevryding van Viëtnam of "Viëtkong" (VC) en Divisie eenhede van Noord-Viëtnam se People's Army of Vietnam (PAVN), teen Suid-Viëtnam se Army of the Republic of Vietnam (ARVN), die Verenigde State militêre eenhede en ander ARVN-geallieerde magte. Die operasies word genoem die Tết Offensief omdat dit beplan was om in aanvang te neem die nag van 30-31 Januarie 1968, Tết Nguyên Đán (die maan nuwe jaar). Die offensief het aangehou tot in 1969.

Die Tết Offensief het tot 'n operasionele nederlaag vir die Noord-Viëtnam en VC gely. Die Tết Offensief word egter ook algemeen beskou as 'n keerpunt in die Viëtnamoorlog waartydens die NLF en PAVN 'n enorme sielkundige en propagandaoorwinning behaal. Populêre steun vir die oorlog in die VSA het gou hierna gekwyn en het bygedra tot die onttrekking van Amerikaanse soldate. Die Amerikaanse publiek het veel meer kritiek uitgespreek teen die oorlogbeleid van President Lyndon B. Johnson na die Tết Offensief. Die entiteit wat mees direk deur die aanvalle beïnvloed is, was die regering van die Republiek van Viëtnam van Nguyễn Văn Thiệu wie se militêre en politieke afhanklikheid van die VSA gedemonstreer is aan die bevolking. Die Tết Offensief word algemeen beskou as 'n voorbeeld van die waarde van propaganda en die media se invloed in die najaag van militêre doelwitte.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Veldslae Kategorie:Viëtnamoorlog Kategorie:Geskiedenis van Australië Kategorie:Geskiedenis van Nieu-Seeland Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika