Die moment-magnitude-skaal, wat in 1979 deur Thomas C. Hanks en Hiroo Kanamori ingevoer is, is 'n meer presiese skaal vir die sterkte van 'n aardbewing as die Richterskaal wat in 1935 ingevoer is. Terwyl die Richterskaal die magnitude (sterkte) van 'n aardbewing deur middel van 'n seismograaf meet wat seismiese golwe of die energie, wat in die diepte van die aarde deur die uiteenskeuring van gesteentes vrygestel word, aanteken, dui die moment-magnitude-skaal die totale energie aan wat deur 'n aardbewing vrygestel word. Dit word gedeeltelik bereken deur die oppervlakte van die breuk wat deur die aardbewing geraak is met die afstand te vermenigvuldig waarmee die grond langs die breuklyn beweeg het.
'n Vergelyking van sterk aardbewings volgens die Richter- en moment-magnitude-skaal
AardbewingRichterskaalMoment-magnitude-skaalChili 19608,39,5Alaska 19648,49,2Nieu-Madrid 18128,78,1Michoacán 19858,18,1San Francisco 19068,37,7Loma Prieta 19897,16,9Kobe 19956,86,9San Fernando 19716,46,7Northridge 19946,46,7
Bronne National Geographic, Vol. 187, No.4, April 1995, Living with California's Faults, bladsy 10
* Kategorie:Seismologie