duimnael|Parador de Cardona, Katalonië duimnael|Die patio in die historiese Parador van Carmona duimnael|Parador-hotel in die Pineta-vallei, Pireneë Paradores de Turismo de España is 'n Spaanse luukse hotelgroep wat in 1928 deur koning Alfonso XIII van Spanje gestig is om plaaslike toerisme te bevorder. Die eerste Parador-hotel is in dieselfde jaar in die Sierra de Gredos in die provinsie Ávila geopen.

Die Paradores-groep is 'n winsgewende staatsbeheerde onderneming, en baie van hotelle met drie tot vyf sterre is in kastele, paleise, forte, konvente, kloosters en ander historiese geboue gevestig. Tans is daar 94 Paradores met altesaam sowat 10 000 beddens, onder meer in Galicië (Noordwes-Spanje), Katalonië, Andalusië (Suid-Spanje), op die Kanariese Eilande en in die Spaanse enklawes in die noordweste van Marokko. Die hotelgroep het 'n personeel van sowat 3 500.www.parador.es: Paradores in numbers. Besoek op 15 Maart 2017

Die Paradores se Portugese eweknie, die Pousadas de Portugal, is volgens die Spaanse voorbeeld in 1942 gestig.

Ander gebruike van die term Die term Parador verwys in die Spaanssprekende lande van die Karibiese Seegebied ook na 'n klein restourant, of na 'n privaathuis, wat omgebou is om as 'n restourant te dien en gewoonlik sonder voorgeskrewe lisensies beheer word.

Verwysings

Eksterne skakels Paradores de Turismo de España

Kategorie:Hotelle Kategorie:Toerisme Kategorie:Spaanse maatskappye