Die 2017-Rugbykampioenskapsreeks was die sesde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.
Die toernooi het op 19 Augustus afgeskop met Australië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika teen Argentinië. Die toernooi het agt weke geduur, met twee weke se loslootjies, en afgesluit op 7 Oktober toe Nieu-Seeland teen Suid-Afrika, en Australië teen Argentinië gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 15de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.
Formaat duimnael|’n Nieu-Seelandse lynstaan teen Australië in Sydney Die formaat vir die 2017-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 6 0 0 246 119 +127 4 282 6 2 2 2 195 179 +16 3 153 6 2 2 2 152 170 −18 2 144 6 0 0 6 110 233 −123 0 0
Wedstryddatums DatumDatumWeek 119 AugustusWeek 416 SeptemberWeek 226 AugustusWeek 530 SeptemberWeek 39 SeptemberWeek 67 Oktober
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Rugbykampioenskapreekskampioen 2017
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Bernard Foley 80 2 Beauden Barrett 70 3 Elton Jantjies 68 4 Nicolás Sánchez 46 5 Israel Folau 25 Rieko Ioane Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Israel Folau 5 Rieko Ioane 3 Damian McKenzie 4 4 Beauden Barrett 3 Kurtley Beale Ryan Crotty Will Genia Siya Kolisi Marika Koroibete Nehe Milner-Skudder
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
2017-Rugbykampioenskapreeks op ESPNscrum
Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2017