Hiboniet is 'n mineraal met die formule wat op Madagaskar gevind word maar ook in meteoriete aangetref word. Ander metaalatome soos yster, vanadium, chroom en titaan kan aluminiumatome vervang. Die kleur van 'n hibonietkristal word bepaal deur die onsuiwerhede. Crystal chemistry of meteoritic hibonites Journal of geophysical research 89(S01) 15 November 1984, bls. C313-C321 Die mineraal is na die Franse geoloog Paul Hibon vernoem wat dit in 1955 as swart of deurskynende korrels in die alluviale toriantiet en flogopiet-afsettings van Esiva in die provinsie Toliare (Tuléar) van Madagaskar gevind het. Hibonite: a new gem mineral Gems Gemology Rapid communications 2010, bls. 135 Van die hibonietkristalle word as juweel aangewend.
Die kristalstruktuur bevat vyf verskillende aluminiumposisies. Al(1), Al(3) en Al(4) is oktaëdries, die Al(2)-posisie is tetraëdries en Al(5) is 'n taamlik ongewone trigonale bipiramide wat 'n 5-omringing verteenwoordig. Yster kan in aldrie posisies voorkom maar Mössbauer-gegewens wys dat dit veral as in 5-omringing optree. Dit is dalk naas 'n -ioon in 'n Al(3)-oktaëder wat 'n vlak met Al(5) deel.
Meteoriete Hiboniet word as kalsium-aluminiumryke insluitsels (CAI's) in meteoriete gevind en hulle word as van die oudste onveranderde materiale van die sonnestelsel beskou. Plaatvormige hibonietkristalle in CM2-chondriete het isotoopverhoudings wat baie afwyk maar in teenstelling tot CAI's in die CV-condreite het dit nouliks reste van die uitgestorwe oerisotoop Al. Hulle is waarskynlik reeds gevorm voor 'n varse stroom van Al die sonnestelsel bereik het. Dit lewer inligting oor gebeurtenisse in vroegste tye van die Chaotium (die Nefelium en Erebrium). Die hibonietkristalle bevat ook edelgasse soos neon en die Ne/Ne-isotoopverhouding wys dat die kosmiese straling van die vroeë son energetieser gewees het as wat dit nou is. Dit lewer inligting oor 'n later fase (die Hiperitium).High early solar activity inferred from helium and neon excesses in the oldest meteorite inclusions Nature Astronomy 2 September 2018, bls. 709-713
Verwysings