links|duimnael|Twee boomtamatievrugte duimnael|'n Mooi voorbeeld van hoekom dit 'n boomtamatie genoem word. 'n Boomtamatie ( persimmon) is die eetbare vrug van 'n aantal spesies van bome in die genus Diospyros. Die mees wydverboude van hierdie is die Asiatiese of Japannese persimmon, Diospyros kaki. Diospyros val in die familie Ebenaceae, en 'n aantal nie-persimmonspesies van die genus word verbou vir ebbehout.
Die woord persimmon is afgelei van pasiminan, of pessamin, wat beteken "droë vrugte".Mish, Frederic C., Editor in Chief Webster's Ninth New Collegiate Dictionary Springfield, Massachusetts, U.S.A.:1984—Merriam-Webster Page 877 duimnael|190px|Boomtamatieblom duimnael|200px|Boomtamatieblare regs|duimnael|'n Heel Jirotamatie en 'n deursnit deur nog een.
Produksie In 2013 was die wêreldproduksie van boomtamaties 4,6 miljoen ton, waavan China 43% bygedra het. Ander groot produsente is Suid-Korea, Japan, Brasilië en Azerbeidjan. Boomtamatieproduksie – 2013Landmegaton2.00.30.260.120.08Wêreld4.6Bron: FAOSTAT van die Verenigde Nasies
Kulinêre gebruik Boomtamaties word vars geëet, gedroog, of gaargekook. Indien hulle vars geëet word, word hulle gewoonlik heel soos 'n appel in happie-grootte stukkies geëet, en kan ook geskil word. Een manier om ryp boomtamaties te eet, is om die boonste blaar met 'n groentemes te verwyder en die vleis met 'n lepel uit te skep. Ryper boomtamaties kan ook geëet word deur die boonste blaar te verwyder, die vrug in die helfte te breek en dan die binnekant te eet.
Die vlees wissel van stewig tot pap, indien "stewig", kan dit wees omrede dit nog nie ryp is nie. Amerikaanse boomtamaties (Diospyros virginiana) en Diospyros digyna is heeltemal oneetbaar totdat hulle ten volle ryp is.
In China, Korea, Japan en Viëtnam word boomtamaties na die oes verwerk met behulp van tradisionele handdroogtegnieke in die buitelug vir twee tot drie weke. Die vrugte word dan verder gedroog deur blootstelling aan hitte oor 'n paar dae voordat dit mark toe gestuur word en as gedroogde vrugte verkoop word.
Verwysings
Kategorie:Medisinale plante Kategorie:Groente