Brian Wilson Kernighan (/ˈkɜːrnɪhæn/; gebore op 1 Januarie 1942) is 'n Kanadese rekenaarwetenskaplike wat gewerk het by Bell Labs saam met die skeppers van Unix, Ken Thompson en Dennis Ritchie, en wat bygedra het tot die ontwikkeling van Unix. Hy is ook mede-outeur van die AWK- en AMPL-programmeertale. Die "K" in K&R C en die "K" in AWK staan beide vir "Kernighan". Sedert 2000 is Brian Kernighan professor by die Departement Rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Princeton, waar hy ook die Voorgraadse Departementsverteenwoordiger is.Brian Kernighan's home page at Princeton University
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Rekenaarprogrammeerders Kategorie:Lewende mense