Bruinsalie (Salvia aurea) is 'n geharde aromatiese struik, wat ongeveer 2 m hoog word. Dit is endemies in Suid-Afrika en kom voor aan die kus van Namakwaland tot by die Kaapse Skiereiland en ooswaarts daarvandaan tot by Port Alfred.http://pza.sanbi.org/salvia-aurea Dit dra blomme wat eers geel is, en later verkleur totdat dit goudbruin van kleur is. Die blomme en blare kan gebruik word om 'n tee te maak vir die behandeling van hoes, verkoues, vroulike kwale en brongitis.
Die plant staan ook as die geel medisyn, geelblomsalie, sandsalie en strandsalie bekend.https://redlist.sanbi.org/species.php?species=1685-4004
Sien ook
Lys van medisinale kruie
Verwysings
Kategorie:Medisinale plante Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika