Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Swahili (volk).
Swahili (Kiswahili of kiSwahili, [kiswɑˈhili], , letterlik: "taal van die Swahili-volk") is 'n taal wat gepraat word in Oos-Afrika en behoort tot die Bantoetaalfamilie. Meer as 150 miljoen mense praat Swahili, maar slegs 5–15 miljoen hiervan is moedertaalsprekers. L Marten, "Swahili", Encyclopedia of Language and Linguistics, 2de uitgawe, 2005, Elsevier Swahili is ná Arabies, Frans en Engels die belangrikste taal in Afrika. Die naam Swahili is afgelei van Arabies سواحل Sawāhil wat "kuste" beteken en na die geografiese verspreiding verwys. Die term "Swahilikus" is as 't ware 'n pleonasme, aangesien dit letterlik "kustekus" beteken.
duimnael|links|Verspreiding van Swahili: Swahili het 'n lingua franca geword in groot dele van Oos-Afrika rondom die Groot Mere van Afrika en die Demokratiese Republiek die Kongo. Ethnologue list of countries where Swahili is spoken Thomas J. Hinnebusch, 1992, "Swahili", International Encyclopedia of Linguistics, Oxford, bl. 99–106 David Dalby, 1999/2000, The Linguasphere Register of the World's Languages and Speech Communities, Linguasphere Press, Volume Two, bl. 733–735 Benji Wald, 1994, "Sub-Saharan Africa", Atlas of the World's Languages, Routledge, bl. 289–346, maps 80, 81, 85 Dit is 'n amptelike taal van Kenia, die Demokratiese Republiek die Kongo, Rwanda, Suid-Soedan, Tanzanië en Uganda, asook die Afrika-unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Daarbenewens dien Swahili as lingua franca van die Oos-Afrikaanse Gemeenskap.
Swahili word by die groot universiteite van die wêreld aangebied, en verskeie media-organisasies het programme in Swahili. Dit bevat leenwoorde uit Arabies en Persies. Swahili word in óf die Latynse óf die Arabiese alfabet geskryf. Hakuna matata uit die 1994-rolprent The Lion King is waarskynlik een van die bekendste Swahili-frases en beteken "geen bekommernisse nie" of "geen probleem nie".
Swahili as voertaal duimnael|links|Die Onse Vader (Baba yetu) in Swahili duimnael|links|Swahili in Arabiese skryf, Gedenkplaat by die Askari-monument, Dar-es-Salaam (1927) duimnael|links|Swahili Arabiese skrif op 'n een-pysar-muntstuk uit Zanzibar circa 1882 (geskryf as 1299 AH op die muntstuk) duimnael|links|Verspreiding van die vier nasionale tale in die Demokratiese Republiek die Kongo duimnael|'n Man gee 'n voorbeeld van Swahili Swahili het langs die kus van Oos-Afrika ontwikkel voor die koms van die Europeërs en het saam met die handel na die binneland uitgebrei. Duits was maar net 'n paar dekades 'n koloniale (staats)taal in Afrika, en bowendien in gebiede wat reeds 'n lingua franca gehad het – vernaamlik Swahili in Duits-Oos-Afrika. Omdat dit reeds 'n lingua franca (as gevolg van die handel) onder die stamme was, het die sendelinge en later die Duitse administrasie dit steeds as die algemene taal gebruik, ook vir die bekering tot die Christendom. Swahili is wel ontislamitiseer deur die skrifstelsel uit Arabies na Latyn oor te dra, en Arabiese leenwoorde is (met weinig sukses) uitgeweer (en met Bantoewoorde gevul). Duits kon dus nie veel uitbrei nie. Om beter bruikbaarheid het die Duitsers ook 'n meer eenvormige grammatika aangemoedig. Teen die einde van die koloniale era is Swahili in Oos-Afrika sterker gevestig as voor die Europese besetting (en slegs twee Duitse woorde het ingang gevind: Shule (skool) en hela (geld, afgelei van die Duitse woord Heller). In die beginjare 1980 was dit een van die lewenskragtigste tale in die gebied. Fonelisco-Verein.de : Swahili
Volgens Steyn het die opkoms van Afrika-nasionalisme nêrens gelei tot soortgelyke klassieke taalbewegings in die negentiende eeu en twintigste eeu in Europa en sommige Asiatiese lande nie. Leiers soos Jomo Kenyatta (Kenia) en veral Julius Nyerere (Tanzanië) het wel Swahili in hul lande bevorder, maar nie omdat hulle so danig vir dié taal omgegee het nie. Swahili was reeds 'n algemeen bekende taal, en kon daarmee as 'n moontlike simbool of samebindingsmiddel van hul identiteit as vrye nasie dien. Terselfdertyd was Swahili neutraal genoeg om nie etniese konflik te veroorsaak nie. Swahili was nie een van die twee leiers se moedertaal nie. Daar was geen sprake van taalgetrouheid nie, maar eerder 'n politieke skuif van politici om 'n "neutrale" taal te verhef om die staatkundige eenheid van die land uit te bou.
Op 4 Julie 1974 het pres. Jomo Kenyatta besluit dat Swahili die enigste taal moet wees wat in die Keniaanse parlement gebruik mag word, as die nasionale taal. Dit was glad nie verrassende nuus nie, want reeds in die 1960's is daar geluide van dié aard gemaak. So is op 1 September 1969 in die Daily Nation geskryf: We are soon going to use Swahili in Parliament, whether people like it or not. Maar wetswysigings is gemaak om naas Engels te funksioneer toe die vraag begin ontstaan hoe Swahili so spoedig moontlik internasionale konsepte moet omskryf in die opstel van wetgewings. Dit was ook nie verbasend dat in 1969 besluit is om alle sakebedrywighede van die Nasionale Vergadering voortaan in Engels te doen nie. Hierdie besluit is om "praktiese reëlings" gedoen.
Toe die party aan bewind (Kenya African National Union) in 1970 aankondig om radikale veranderinge in die taalbeleid om Swahili onder individue en institute te bevorder, was die algemene mening dat daar absoluut dadels van sou kom.
Die party het probeer beïndruk met stellings soos dat 'alle Keniane voortaan ter alle tye met landsburgers of buitelanders in Swahili sal praat in amptelike, nie-amptelike, politieke of sosiale hoedanigheid'. In die tweede fase sou die president, ministers en regeringsbeamptes met almal in Swahili praat. Waar nodig, sou 'n tolk ingeroep word. Die res van die 1970-voorstel was realistieser, soos dat kandidate in die politieke amp nie minder as 10 minute met 'n groep mense in Swahili moes praat nie. Alle amptenare van die staat, asook in die diplomatieke diens, moes die geskrewe en mondelingse toetse in Swahili slaag. Heel terloops is ook genoem dat meer aandag aan Swahili as Engels in die skoolleerplan gegee sal word. Dit sou 'n ommeswaai sedert die onafhanklikheidsjaar wees, want teen 1970 was Engels reeds die voertaal in die meerderheid skole in Kenia.
In die praktyk het Swahili as die enigste parlementstaal in Kenia nie langer as 5 jaar gehou nie: Harries, I. 1978. The Nationalisation of Swahili in Kenya. In: Kennedy, C. (ed.). Language planning and language education. London: George Allen & Unwin. bl. 118-128. Kenyatta het aangevoer dat 'n nasie sonder kultuur dood is, en Swahili daarom as die nasionale taal aangewys moet word. In 'n land met verskeie etniese volke, waarvan die Swahili 'n baie klein minderheid was, is die politieke intensie eerder as die kulturele intensie belig. Dit was ook geen waarborg om nasionale eenheid tot stand te bring onder die volke nie. Die swart elite het reeds Engels as hul voorkeurtaal geniet – Swahili is beskou as die taal van die volk/plebs/menigte. Swahili, wat beskou is as 'n niemandstaal (soos Engels), was aansienlik minder in die Keniaanse binneland en platteland binnegedring as Engels. Kikuyu was daarby die taal in en rondom die hoofstad Nairobi, wat ver verwyderd is van die Tanzaniese kusgebied, wat Swahili se eintlike tuiste is. Dit sou ook nie help om 'n ander kulturele taal van die land "voor te trek" nie, want dit sou stamgevegte ontlok. Baie politieke leiers se taal en etnisiteit word deur hul kiesers vooropgestel en daarom ondersteun. Swahili is vereenselwig met die Islam-kultuur, terwyl die Keniane hoofsaaklik Christene was. Diegene wat wel Swahili geleer het, se taalgebruik was onnatuurlik en swak (veral wat betref vertalings uit Engels in Swahili). Daar het reeds 'n bo-Swahili-dialek begin ontstaan wat afwykend was van die "suiwerder" benede-Swahili in Dar-es-Salaam. Swahili is as politieke taal in die inheemse taalgebied ontwikkel deur sy moedertaalsprekers – nie tweedetaalsprekers nie. Tog was die moedertaalsprekers baie laissez-faire en tegemoetkomend teenoor die tweedetaalsprekers en oor die aangeleentheid: "wat kan ons in elk geval daaraan doen?" Afgesien van die emosie en solidariteit wat met Swahili gepaardgaan, het Swahili as hoëfunksietaal in Tanzanië self ook nie nuwe terreine ingepalm nie; slegs 'n merkbare uitbreiding in gebiede wat dit wel reeds gevul en beklee het. Daar was geen merkbare deurbraak in die gebiede waar Engels reeds gebruik is nie. Meer geld sou aangewend moes word vir die ontwikkeling van Swahili.
In Kenia verloop sake soos volg: Sommige parlementslede het nooit aan 'n debat deelgeneem nie, omdat hulle nie Swahili kon praat nie. Die staatskoerant, wetsontwerpe en begroting is wel nog in Engels gepubliseer. In Mei 1979 het die regering besluit om Engels maar weer in die parlement toe te laat. Steyn, J.C. 1980. Tuiste in eie taal. Kaapstad:Tafelberg. bl. 39, 40, 182, 363, 364 & 370
In Tanzanië (waar die geskiedenis as kortstondige Engelse kolonie ook anders verloop het) het die regering van Pres. Jakaya Kikwete vroeg in 2015 aangekondig dat Swahili ook binnekort as voertaal by hoërskole deurgevoer gaan word: Engels as vreemde taal is eenvoudig net te volksvreemd om Tanzaniërs in te onderrig, al is dit dan ook 'n belangrike sake- en wêreldtaal. Die vooruitsigte lyk ook belowend: uit al die 120 verskillende tale in die gebied kan byna alle Tanzaniërs van kleins af Swahili praat, selfs wanneer hulle met 'n ander moedertaal grootword. Pfaff, I. 2015. Lieber Swahili als Englisch. Süddeutsche Zeitung, 20 Augustus Pfaff, I. 2015. Wie verschafft man den Kindern Zugang zur "Sprache der Macht"? Süddeutsche Zeitung, 20 Augustus In Februarie 2017 het Swahili Rwanda se vierde amptelike taal geword, saam met Engels, Frans en Kinyarwanda. Daarbenewens vorm Swahili saam Kongo, Lingala en Luba-Kasai die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo, naas die amptelike taal Frans.
Sedert 2020 word aan Suid-Afrikaanse skole Swahili as 'n keusevak aangebied. Botswana is van plan om dieselfde te doen.
Die Suid-Soedanese regering het van Swahili die tweede amptelike taal, ná Engels, gemaak om sy betrekkinge met die Oos-Afrikaanse lande, waar Swahili 'n amptelike taal is, te verdiep. Suid-Soedan het Tanzaniese onderwysers genooi om Swahili-lesse in Suid-Soedanese skole aan te bied.
Sien ook Swahili Wikipedia
Verwysings
Eksterne skakels
Kamusi Project – Internet Living Swahili Dictionary
Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Burundi Kategorie:Tale van die Comore-eilande Kategorie:Tale van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Tale van Kenia Kategorie:Tale van Madagaskar Kategorie:Tale van Malawi Kategorie:Mayotte Kategorie:Tale van Mosambiek Kategorie:Tale van Rwanda Kategorie:Tale van Somalië Kategorie:Tale van Suid-Soedan Kategorie:Tale van Tanzanië Kategorie:Tale van Uganda Kategorie:Tale van Zambië