Luisboom of groot bitterappel (Solanum mauritianum) is 'n klein indringerboom of struik wat 'n hoogte van tien meter kan bereik. Die plant is inheems in Argentinië, Brasilië en Uruguay in Suid-Amerika, maar het ook versprei na Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Die plant is giftig en kan irritasie en naarheid meebring.

Identifikasie Dit het groot ovaalvormige grysgroen blare wat oortrek is met klein haartjies. Die blomme is pers met 'n groen middel. Die plant kan die hele jaar blom, maar die vrugte kom slegs in laat-lente tot die vroeë-somer voor.

Die luisboom kan tot 30 jaar lewe en word as 'n indringerplant in Suid-Afrika beskou.

Ander name Afrikaanse naam: Groot bitterappel, luisboom. Engelse naam: bugweed, tree tobacco, wild tobacco; Nieu-Seeland: flannel weed, kerosene plant, tobacco weed, woolly nightshade. Zoeloenaam: igayintombi, isigwayana, umbanga banga.

Sien ook Indringerplante in Suid-Afrika Lys van onkruid in Suid-Afrika

Fotogalery

Bibliografie Vermeulen, Wessel: Luisboom - kopseer vir bosbouer en beplanner. In: Conserva. Tydskrif van die Departement van Omgewingsake. Desember 1987, deel 2, nr. 6. ISSN 0258-3313

Kategorie:Indringerplante Kategorie:Solanum Kategorie:Flora van Argentinië Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Flora van Uruguay