Wouter Wynand Wessels (gebore 18 Maart 1985) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat die Vryheidsfront Plus in die Nasionale Vergadering (parlement) verteenwoordig. Wessels het die voormalige leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder, se setel in die parlement oorgeneem na Mulder se uittrede. Wessels was tussen 2009 en 2014 werksaam as Mulder se persoonlike sekretaris. Wessels was getroud met Tammy Wessels, wat ook 'n lid van die Nasionale Vergadering is, waar sy die Vryheidsfront Plus verteenwoordig.

Vroeë lewe Wessels word groot in Oos-Londen in die Oos-Kaap, Suid-Afrika en matrikuleer aan die Hoërskool Grens. Hy studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy sy politieke loopbaan begin deur as kampusleier van die Vryheidsfront Plus te dien.

Loopbaan Wessels sluit na sy universiteitstudie by die Vryheidsfront Plus as werknemer aan. Hy dien tussen 2009 en 2014 as privaatsekretaris vir partyleier Pieter Mulder, toe Mulder adjunkminister in die kabinet van Jacob Zuma was.

Politieke standpunte Wessels is ten gunste van moedertaalonderrig en is gekant teen regstellende aksie.

Verwysings

Eksterne skakels Wouter Wessels op People's Assembly

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Politici van die Vryheidsfront Plus Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Alumni van die Universiteit van die Vrystaat Kategorie:Alumni van Hoërskool Grens