Hier volg 'n lys van indringerplante in Suid-Afrika. Indringerplante word in vier kategorieë verdeel:http://www.environment.co.za/weeds-invaders-alien-vegetation/alien-invasive-plants-list-for-south-africa.html Kategorie 1a: Indringerplante wat verwyder en onmiddellik vernietig moet word. Kategorie 1b: Indringerplante wat beheer moet word, volgens artikel 75(1), (2) en (3) van Wet op Biodiversiteit, 2004 (Wet 10 van 2004). Kategorie 2: Indringerplante wat slegs onder beheerde omstandighede gekweek mag word. 'n Permit word benodig om hierdie plante te kweek. Kategorie 3: Indringerplante wat nie meer geplant mag word nie. Enige kategorie 3 indringerplante wat in oewergebiede voorkom word outomaties as kategorie 1b indringerplante geklassifiseer. __NOTOC__