Die Aardbok (己未, jǐwèi) is die 56ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sesde Hemelstam (己, jǐ; die element Aarde en Jin) met die agtste Aardtak (未, wèi), gesimboliseer deur die Bok (羊, yáng).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardbokjaar het in 1979 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 28 Januarie 1979 tot 15 Februarie 1980.
Aardbokjare
Die volgende jare is Aardbokjare:
Jare van die Aardbok 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2642 v.C. 2582 v.C. 2522 v.C. 2462 v.C. 2402 v.C. 2342 v.C. 2282 v.C. 2222 v.C. 2162 v.C. 2102 v.C. 10 2042 v.C. 1982 v.C. 1922 v.C. 1862 v.C. 1802 v.C. 1742 v.C. 1682 v.C. 1622 v.C. 1562 v.C. 1502 v.C. 20 1442 v.C. 1382 v.C. 1322 v.C. 1262 v.C. 1202 v.C. 1142 v.C. 1082 v.C. 1022 v.C. 962 v.C. 902 v.C. 30 842 v.C. 782 v.C. 722 v.C. 662 v.C. 602 v.C. 542 v.C. 482 v.C. 422 v.C. 362 v.C. 302 v.C. 40 242 v.C. 182 v.C. 122 v.C. 62 v.C. 2 v.C. 59 119 179 239 299 50 359 419 479 539 599 659 719 779 839 899 60 959 1019 1079 1139 1199 1259 1319 1379 1439 1499 70 1559 1619 1679 1739 1799 1859 1919 1979 2039 2099 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 722 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
56