Die Houtbok (乙未, yǐwèi) is die 32ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die tweede Hemelstam (乙, yǐ; die element Hout en Jin) met die agtste Aardtak (未, wèi), gesimboliseer deur die Bok (羊, yáng).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtbokjaar het in 2015 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 19 Februarie 2015 tot 17 Februarie 2016.
Houtbokjare
Die volgende jare is Houtbokjare:
Jare van die Houtbok 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2666 v.C. 2606 v.C. 2546 v.C. 2486 v.C. 2426 v.C. 2366 v.C. 2306 v.C. 2246 v.C. 2186 v.C. 2126 v.C. 10 2066 v.C. 2006 v.C. 1946 v.C. 1886 v.C. 1826 v.C. 1766 v.C. 1706 v.C. 1646 v.C. 1586 v.C. 1526 v.C. 20 1466 v.C. 1406 v.C. 1346 v.C. 1286 v.C. 1226 v.C. 1166 v.C. 1106 v.C. 1046 v.C. 986 v.C. 926 v.C. 30 866 v.C. 806 v.C. 746 v.C. 686 v.C. 626 v.C. 566 v.C. 506 v.C. 446 v.C. 386 v.C. 326 v.C. 40 266 v.C. 206 v.C. 146 v.C. 86 v.C. 26 v.C. 35 95 155 215 275 50 335 395 455 515 575 635 695 755 815 875 60 935 995 1055 1115 1175 1235 1295 1355 1415 1475 70 1535 1595 1655 1715 1775 1835 1895 1955 2015 2075 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 746 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
32