Die Vuurslang (丁巳, dīngsì) is die 54ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vierde Hemelstam (丁, dīng; die element Vuur en Jin) met die sesde Aardtak (巳, sì), gesimboliseer deur die Slang (蛇, shé).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurslangjaar het in 1977 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 18 Februarie 1977 tot 6 Februarie 1978.
Vuurslangjare
Die volgende jare is Vuurslangjare:
Jare van die Vuurslang 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2644 v.C. 2584 v.C. 2524 v.C. 2464 v.C. 2404 v.C. 2344 v.C. 2284 v.C. 2224 v.C. 2164 v.C. 2104 v.C. 10 2044 v.C. 1984 v.C. 1924 v.C. 1864 v.C. 1804 v.C. 1744 v.C. 1684 v.C. 1624 v.C. 1564 v.C. 1504 v.C. 20 1444 v.C. 1384 v.C. 1324 v.C. 1264 v.C. 1204 v.C. 1144 v.C. 1084 v.C. 1024 v.C. 964 v.C. 904 v.C. 30 844 v.C. 784 v.C. 724 v.C. 664 v.C. 604 v.C. 544 v.C. 484 v.C. 424 v.C. 364 v.C. 304 v.C. 40 244 v.C. 184 v.C. 124 v.C. 64 v.C. 4 v.C. 57 117 177 237 297 50 357 417 477 537 597 657 717 777 837 897 60 957 1017 1077 1137 1197 1257 1317 1377 1437 1497 70 1557 1617 1677 1737 1797 1857 1917 1977 2037 2097 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 724 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
54