Die Houtslang (乙巳, yǐsì) is die 42ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die tweede Hemelstam (乙, yǐ; die element Hout en Jin) met die sesde Aardtak (巳, sì), gesimboliseer deur die Slang (蛇, shé).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtslangjaar het in 1965 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 2 Februarie 1965 tot 20 Januarie 1966.
Houtslangjare
Die volgende jare is Houtslangjare:
Jare van die Houtslang 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2656 v.C. 2596 v.C. 2536 v.C. 2476 v.C. 2416 v.C. 2356 v.C. 2296 v.C. 2236 v.C. 2176 v.C. 2116 v.C. 10 2056 v.C. 1996 v.C. 1936 v.C. 1876 v.C. 1816 v.C. 1756 v.C. 1696 v.C. 1636 v.C. 1576 v.C. 1516 v.C. 20 1456 v.C. 1396 v.C. 1336 v.C. 1276 v.C. 1216 v.C. 1156 v.C. 1096 v.C. 1036 v.C. 976 v.C. 916 v.C. 30 856 v.C. 796 v.C. 736 v.C. 676 v.C. 616 v.C. 556 v.C. 496 v.C. 436 v.C. 376 v.C. 316 v.C. 40 256 v.C. 196 v.C. 136 v.C. 76 v.C. 16 v.C. 45 105 165 225 285 50 345 405 465 525 585 645 705 765 825 885 60 945 1005 1065 1125 1185 1245 1305 1365 1425 1485 70 1545 1605 1665 1725 1785 1845 1905 1965 2025 2085 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 736 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
42