Die Waterslang (癸巳, guǐsì) is die 30ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die 10de Hemelstam (癸, guǐ; die element Water en Jin) met die sesde Aardtak (巳, sì), gesimboliseer deur die Slang (蛇, shé).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Waterslangjaar het in 2013 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 19 Februarie 2013 tot 30 Januarie 2014.

Waterslangjare

Die volgende jare is Waterslangjare:

Jare van die Waterslang 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2668 v.C. 2608 v.C. 2548 v.C. 2488 v.C. 2428 v.C. 2368 v.C. 2308 v.C. 2248 v.C. 2188 v.C. 2128 v.C. 10 2068 v.C. 2008 v.C. 1948 v.C. 1888 v.C. 1828 v.C. 1768 v.C. 1708 v.C. 1648 v.C. 1588 v.C. 1528 v.C. 20 1468 v.C. 1408 v.C. 1348 v.C. 1288 v.C. 1228 v.C. 1168 v.C. 1108 v.C. 1048 v.C. 988 v.C. 928 v.C. 30 868 v.C. 808 v.C. 748 v.C. 688 v.C. 628 v.C. 568 v.C. 508 v.C. 448 v.C. 388 v.C. 328 v.C. 40 268 v.C. 208 v.C. 148 v.C. 88 v.C. 28 v.C. 33 93 153 213 273 50 333 393 453 513 573 633 693 753 813 873 60 933 993 1053 1113 1173 1233 1293 1353 1413 1473 70 1533 1593 1653 1713 1773 1833 1893 1953 2013 2073 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 748 v.C.

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia

30