Die Metaalslang (辛巳, xīnsì) is die 18de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die agtste Hemelstam (辛, xīn; die element Metaal en Jin) met die sesde Aardtak (巳, sì), gesimboliseer deur die Slang (蛇, shé).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalslangjaar het in 2001 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 24 Januarie 2001 tot 11 Februarie 2002.

Metaalslangjare

Die volgende jare is Metaalslangjare:

Jare van die Metaalslang 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2680 v.C. 2620 v.C. 2560 v.C. 2500 v.C. 2440 v.C. 2380 v.C. 2320 v.C. 2260 v.C. 2200 v.C. 2140 v.C. 10 2080 v.C. 2020 v.C. 1960 v.C. 1900 v.C. 1840 v.C. 1780 v.C. 1720 v.C. 1660 v.C. 1600 v.C. 1540 v.C. 20 1480 v.C. 1420 v.C. 1360 v.C. 1300 v.C. 1240 v.C. 1180 v.C. 1120 v.C. 1060 v.C. 1000 v.C. 940 v.C. 30 880 v.C. 820 v.C. 760 v.C. 700 v.C. 640 v.C. 580 v.C. 520 v.C. 460 v.C. 400 v.C. 340 v.C. 40 280 v.C. 220 v.C. 160 v.C. 100 v.C. 40 v.C. 21 81 141 201 261 50 321 381 441 501 561 621 681 741 801 861 60 921 981 1041 1101 1161 1221 1281 1341 1401 1461 70 1521 1581 1641 1701 1761 1821 1881 1941 2001 2061 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 760 v.C.

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia

18