Die Metaaldraak (庚辰, gēngchén) is die 17de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sewende Hemelstam (庚, gēng; die element Metaal en Jang) met die vyfde Aardtak (辰, chén), gesimboliseer deur die Draak (龍, lóng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaaldraakjaar het in 2000 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 15 Februarie 2000 tot 23 Januarie 2001.

Metaaldraakjare

Die volgende jare is Metaaldraakjare:

Jare van die Metaaldraak 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2681 v.C. 2621 v.C. 2561 v.C. 2501 v.C. 2441 v.C. 2381 v.C. 2321 v.C. 2261 v.C. 2201 v.C. 2141 v.C. 10 2081 v.C. 2021 v.C. 1961 v.C. 1901 v.C. 1841 v.C. 1781 v.C. 1721 v.C. 1661 v.C. 1601 v.C. 1541 v.C. 20 1481 v.C. 1421 v.C. 1361 v.C. 1301 v.C. 1241 v.C. 1181 v.C. 1121 v.C. 1061 v.C. 1001 v.C. 941 v.C. 30 881 v.C. 821 v.C. 761 v.C. 701 v.C. 641 v.C. 581 v.C. 521 v.C. 461 v.C. 401 v.C. 341 v.C. 40 281 v.C. 221 v.C. 161 v.C. 101 v.C. 41 v.C. 20 80 140 200 260 50 320 380 440 500 560 620 680 740 800 860 60 920 980 1040 1100 1160 1220 1280 1340 1400 1460 70 1520 1580 1640 1700 1760 1820 1880 1940 2000 2060 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 761 v.C.

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia

17