79360 Sila-Nunam, wat die voorlopige naam gehad het, is ’n dubbele, koue klassieke Kuipergordelvoorwerp (cubewano) met twee komponente van byna eenderse grootte wat anderkant Neptunus in die Sonnestelsel geleë is. Die stelsel se naam is ’n kombinasie van die twee liggame s’n: Sila en Nunam.Sila – Nunam Mutual Events (Lowell)

Beskrywing Sila-Nunam is op 3 Februarie 1997 by die Mauna Kea-sterrewag in Hawaii ontdek en is op 22 Oktober 2002 deur die Hubble-ruimteteleskoop as ’n dubbele voorwerp geëien. Die twee komponente is genoem na gode van die Inuïete. Sila is die god van die lug, weer en lewenskrag. Nunam is die aardgodin, in sommige tradisies Sila se vrou.

Sila-Nunam is ’n dinamies koue klassieke stelsel (cubewano). Dit wentel baie na aan ’n 4:7-resonansie met Neptunus.

Sedert dit bekend geword het dat dit ’n dubbelstelsel is waarvan die een liggaam 95% so groot soos die ander is, word die deursnee bereken op 243 en 230 km. Die liggame is baie rooi in sigbare lig en het ’n plat spektrum in die naby-infrarooi.

Sila en Nunam se grootte is so naby mekaar dat dit as ’n dubbele cubewano beskou kan word. Hulle wentel op ’n afstand van 2 777 km van mekaar en voltooi ’n omwenteling elke 12,51 dae. Albei se oppervlak is blykbaar aangevul deur stof van die ander vanweë botsings met mekaar.Rabinowitz, et al. (2009). "Evidence for Recent Resurfacing of the Binary Kuiper Belt Object 1997 CS29".

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Kuipergordel Kategorie:Moontlike dwergplanete Kategorie:Trans-Neptunus-voorwerpe‎ Kategorie:Dubbele Trans-Neptunus-voorwerpe