2060 Chiron (Engels uitspraak: ; simbool: 16px|⚷), met die voorlopige naam en ook bekend as 95P/Chiron, is ’n kleinplaneet in die buitenste Sonnestelsel wat tussen Saturnus en Uranus om die Son wentel. Dit is in 1977 deur Charles Kowal ontdek en was die eerste van ’n nuwe klas voorwerpe wat nou as sentoure bekend is. Hulle is tussen die Asteroïde- en Kuipergordel geleë.
Beskrywing Hoewel dit aanvanklik ’n asteroïde genoem is en later net as ’n kleinplaneet met die naam "2060 Chiron" geklassifiseer is, is eindelik ontdek dit toon eienskappe wat tipies van ’n komeet is. Vandag word dit as beide ’n kleinplaneet en ’n komeet geklassifiseer en het dit daarom ook die komeetnaam "95P/Chiron".
Chiron is genoem na die sentour Chiron in die Griekse mitologie. Michael Brown lys dit as ’n moontlike dwergplaneet. Dit het ’n gemete deursnee van 206 km, wat naby die laer perk is van ’n ysagtige dwergplaneet (sowat 200 km).
Chiron is op 1 November 1977 deur Charles Kowal ontdek op foto's wat op 18 Oktober by die Palomar-sterrewag geneem is. Dit het die voorlopige naam gekry. Dit is ontdek toe dit naby sy afelium was en was toe die verste bekende kleinplaneet. (Pluto, wat nou ’n dwergplaneet en dus ook ’n kleinplaneet is, is toe nog as ’n planeet beskou.)
Chiron se wentelbaan is hoogs eksentriek (0,37), met ’n perihelium net binne die wentelbaan van Saturnus en ’n afelium net buite die perihelium van Uranus.
Verwysings
Eksterne skakels
95P/Chiron by Cometography "A single clone run of centaur 2060 Chiron showing how Chiron may someday become an active comet" (Solex 10) 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sentoure Kategorie:Komete Kategorie:Moontlike dwergplanete