120347 Salacia (uitspraak ), met die voorlopige naam , is ’n trans-Neptunus-voorwerp (TNV) in die Kuipergordel, met ’n deursnee van sowat 850 km en byna vir seker ’n dwergplaneet. Sy huidige afstand van die Son is sowat 44,2 AE en sy skynbare magnitude sowat 20,5.
Beskrywing Salacia is op 22 September 2004 by die Palomar-sterrewag in Kalifornië ontdek deur die Amerikaanse sterrekundiges Henry Roe, Michael Brown en Kristina Barkume. Beelde van voor sy ontdekking strek terug tot 25 Julie 1982. Salacia se wentelbaan is effens groter as Pluto s'n. Dit het een bekende maan, Actaea.
Sy wentelbaan het ’n gematigde eksentrisiteit van 0,107 en ’n groot helling van 23,9° – dit maak dit ’n uitgebreide verstrooideskyfvoorwerp volgens die Deep Ecliptic Survey en ’n klassieke Kuipergordelvoorwerp volgens Gladman et al. Salacia se wentelbaan is binne die parameterruimte van die Haumea-familie, maar is nie deel daarvan nie omdat dit nie die sterk waterys-absorpsielyne het wat eie aan die familie se lede is nie.
Die totale massa van die Salacia-Actaea-stelsel is , waarvan sowat 96% moontlik dié van Salacia self is. Salacia het sover bekend die laagste albedo en digtheid van enige groot TNV. Op Mike Brown se webtuiste word Salacia gelys as byna vir seker ’n dwergplaneet, maar die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) erken dit nog nie as een nie.
Verwysings
Eksterne skakels
(120347) Salacia by Johnston's Archive 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Trans-Neptunus-voorwerpe Kategorie:Kuipergordel Kategorie:Moontlike dwergplanete Kategorie:Dubbele Trans-Neptunus-voorwerpe