'n Spikulum (mv. spikula) is 'n verharde orgaan in die vorm van 'n klein spies. Dit kom veral by sponse soos die glassponse voor.
Etimologie duimnael|links|'n Romeinse spikulum|100px Die Romeinse spiculum (mv. spicula) was 'n soort spies.
Sponse duimnael|'n Spikulum Sponse het afhangende van die spesie verskeie soorte spikula. Hulle is gewoonlik van kiesel vervaardig.
Daar kan as volg onderskei word:Edinburgh New Philosophical Journal, Deel 6, A. and C. Black, 1857 Skeletspikula Hulle is gewoonlik eenvoudig, lank en effens geboë. Skeletspikula kan 'n onreëlmatige mat vorm of in bundels voorkom wat fasciculi genoem word of verspreid in en op die keratose vesels voorkom waaruit die skelet hoofsaaklik opgebou is. Verbindingspikula Hulle is nie 'n onderdeel van die skelet nie en het 'n ondersteunende rol in sommige genera soos Geodia en Pachymatisma Verdedigingspikula Hulle beskerm die spons. Daar is twee soorte: aan die buite- en aan die binnekant van die dier. Hulle kan by sommige soorte ontbreek. Spikula wat die vliese versterk Hulle is taamlik eenvoudig in vorm en is dikwels baie klein maar talryk Sarkodespikula Hulle versterk die jellie-agtige sarkode van die spons en is dikwels mikroskopies klein Gemmula-spikula Hulle is ingebed in die gemmula van die spons.
Verwysings
Kategorie:Sponsanatomie