Orcus (kleinplaneetnaam 90482 Orcus) is ’n dwergplaneet in die Kuipergordel met ’n groot maan, Vanth. Dit is op 17 Februarie 2004 ontdek deur die Amerikaanse sterrekundiges Michael Brown, Chad Trujillo en David Rabinowitz. Beelde van Orcus voor sy ontdekking strek terug tot 8 November 1951.
Beskrywing duimnael|links|Die wentelbane van Orcus (blou), Pluto (rooi) en Neptunus (grys).
Orcus is ’n plutino, ’n trans-Neptunus-voorwerp wat in ’n 2:3-resonansie met die ysreus Neptunus vasgevang is: Dit voltooi twee omwentelings om die Son vir elke drie deur Neptunus. Dit is baie soortgelyk aan Pluto, behalwe dat dit altyd aan die teenoorgestelde fase van sy wentelbaan is. Orcus is by sy afelium wanneer Pluto by sy perihelium is en omgekeerd. Verder wys die afelium van Orcus se wentelbaan in feitlik die teenoorgestelde rigting as Pluto s'n, hoewel die eksentrisiteit en baanhelling dieselfde is. Vanweë dié ooreenkomste en verskille word Orcus en sy groot maan, Vanth, wat herinner aan Pluto se groot maan, Charon, soms beskou as die . Dit was ’n groot oorweging in die keuse van sy naam, want die godheid Orcus was die Etruskers se weergawe van die Romeinse Pluto, en dit het later die alternatiewe naam vir Pluto geword.
Orcus se oppervlak is relatief helder, met sy albedo wat tot 23% kan wees. Dit is grys en ryk aan water. Die ys is hoofsaaklik in kristalvorm, wat dui op kriovulkanisme in die verlede. Ander samestellings soos metaan of ammoniak kan ook teenwoordig wees. Die bestaan van ’n maan het wetenskaplikes in staat gestel om die stelsel se massa te bereken – dit is min of meer dieselfde as dié van Saturnus se maan Tethis. Die verhouding van die massa tussen Orcus en Vanth is onseker, moontlik iewers tussen 1:33 en 1:12.
Orcus se deursnee word op sowat 920 km geraam en Vanth s’n op sowat 280 km; dit is mits hul albedo dieselfde is.
Verwysings
Eksterne skakels
MPEC 2004-D13 by die Kleinplaneetsentrum Chad Trujillo se webblad oor 2004 DW Eerste BBC-artikel AstDys (wentelelemente)
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Trans-Neptunus-voorwerpe Kategorie:Kuipergordel Kategorie:Plutino's Kategorie:Dwergplanete