duimnael|Hoofkwartier Air Do (Japannees: エア・ドウ Ea Dō), voorheen bekendエア・ドウ、社名もAIRDOに統一. Aviationwire.jp. Verkry op 16 Augustus 2013. as , is 'n Japannese streekslugredery wat geskeduleerde vlugte tussen die eilande Honsjoe en Hokkaido onderneem in samewerking met All Nippon Airways. Sy hoofkwartier is in die Oak Sapporo-gebou in Chūō-ku, Sapporo, en die belangrikste basis van sy bedrywighede is Haneda-lughawe in Ōta, Tokio.

Geskiedenis Hokkaido International Airlines is in 1996 gestig deur Teruo Hamada, 'n entrepreneur van Hokkaidō, kort ná die Japannese regering ingestem het dat lugrederye toegelaat word om vrylik tariewe vas te stel op binnelandse roetes. Hamada het beleggings bekom van 29 ander individue wat belanggestel het in die stigting van 'n laekosteredery om te kompeteer met Japan se grootste binnelandse rederye (All Nippon Airways, Japan Airlines en Japan Air System) op vlugte tussen Hokkaido se stede en Tokio.

Die maatskappy het in Desember 1998 met vlugbedrywighede begin op die Tokio-Sapporo-roete, onder die Air Do merk. Die maatskappy het sy naam na Air Do verander in Oktober 2012.

Bestemmings duimnael|Hokkaido International Airlines 767-300 duimnael|Hokkaido International Airlines 737-500 Air Do bedryf dienste na die volgende binnelandse geskeduleerde bestemmings vanaf Tokio en Sapporo: Tokio (Haneda): Asahikawa Hakodate Kushiro Memanbetsu Obihiro Sapporo (Chitose)

Sapporo (Chitose): Hiroshima Kobe Nagoya Okayama Sendai Tokio (Haneda)

Hakodate: Nagoya Tokio (Haneda)

Vloot Huidige vloot Die Air Do-vloot bestaan uit die volgende vliegtuie (teen Augustus 2017): +Air Do-vlootVliegtuieIn vlootBestellingsPassasiersBoeing 737-70090144Boeing 767-30020270Boeing 767-300ER20286Totaal130

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Japanse maatskappye Kategorie:Lugrederye