MeerKAT, oorspronklik die Karoo Array Telescope, is ’n radioteleskoop in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit is die grootste en sensitiefste radioteleskoop in die Suidelike Halfrond totdat die Square Kilometre Array (SKA) omstreeks 2024 voltooi is. Die teleskoop sal gebruik word vir navorsing oor kosmiese magnetisme, die evolusie van sterrestelsels, die grootste strukture in die heelal, donker materie en die aard van kortstondige radiobronne. Dit sal ook dien as ’n tegnologiese demonstrasie vir Suid-Afrika se bod om die Square Kilometer Array te huisves. Die eerste lig was op 16 Julie 2016. Teen Mei 2018 was al 64 antennas met ’n deursnee van 13,5 meter voltooi en dit ondergaan tans verifikasietoetse.
MeerKAT is op 13 Julie 2018 deur die adjunkpresident van Suid-Afrika, David Mabuza, en die minister van wetenskap en tegnologie, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, ingewy.
Spesifikasies MeerKAT bestaan uit 64 skottels met ’n deursnee van 13,5 meter elk. Die stelsel se konfigurasie verskaf die beste optiese werking en sensitiwiteit, uitstekende beeldgehalte en goeie uitskakeling van ongewensde radiofrekwensiesteurings van satelliete en aardgebonde senders. Dit vergemaklik ook die installering van veelvuldige ontvangerstelsels in die primêre en sekondêre fokusareas en is die verwysingsontwerp vir die middelband-SKA-konsep.
MeerKAT se 64 skottels is oor twee komponente versprei: ’n digte binneste komponent met 70% van die skottels. ’n buitenste komponent met 30% van die skottels.
In fase 2 sal sewe bykomende antennas bygevoeg word om die langste basislyne tot sowat 20 km te verleng.
Sien ook SANSA - die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap David Bruce Davidson
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboue en strukture in Suid-Afrika Kategorie:Noord-Kaap Kategorie:Sterrewagte Kategorie:Teleskope Kategorie:Wetenskap en tegnologie in Suid-Afrika