Darren Bergman (gebore 18 Oktober 1977) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Mei 2014 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika is, waar hy die Demokratiese Alliansie verteenwoordig. Hy is ook die DA se skadu-adjunkminister van handel, nywerheid en kompetisie nadat hy voorheen as die party se skadu-adjunkminister van sport en ontspanning en skadu-minister van internasionale betrekkinge en samewerking gedien het. Biografie Bergman het by Hoërskool King David in Linksfield, Johannesburg, skoolgegaan. Hy was die besturende direkteur van Youth Against Crime, 'n polisieman, 'n basiese lewensparamedikus en 'n konsultant voordat hy aktief in die politiek geraak het. In 1999 het hy die streekjeugleier van die Demokratiese Party in Johannesburg geword. Bergman is in die munisipale verkiesing van 2000 tot die Johannesburgse stadsraad verkies as 'n verteenwoordiger van die nuutgestigte Demokratiese Alliansie. Hy het as 'n proposionele verteenwoordigende-raadslid en as 'n wyksraadslid vir die DA gedien totdat hy in 2014 tot die parlement verkies is. Bergman het ook as tesourier van die Afrika Liberale-netwerk gedien. Parlementslid Bergman het as DA-parlementêre kandidaat in die 2014 nasionale verkiesing gestaan en is tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies en op 21 Mei 2014 ingesweer. Op 5 Junie 2014 is hy deur Mmusi Maimane as skadu-adjunkminister van sport en ontspanning aangestel. Bergman het op 20 Junie 2014 'n lid van die Portefeuljekomitee oor Sport en Ontspanning geword. Op 17 September 2015 is hy as 'n plaasvervangende lid van die Portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking aangestel.

Bergman is in die nasionale en provinsiale verkiesing van 8 Mei 2019 tot die parlement herverkies. Hy is toe deur die nuutverkose DA-koukus as 'n sweep verkies. Op 5 Junie 2019 is Bergman bevorder tot skaduminister van internasionale betrekkinge en samewerking.

Bergman het in September 2019 gepoog om ’n konflik tussen EFF-LP Marshall Dlamini en mede-DA-LP Denis Joseph op te breek. Maimane het in Oktober 2019 as DA-leier bedank en John Steenhuisen is tot sy tussentydse opvolger verkies. Hy het Maimane se kabinet tydelik behou.

In Oktober 2020 het Bergman president Cyril Ramaphosa, wat ook as voorsitter van die Afrika-unie gedien het, gekritiseer omdat hy oor baie Afrika-krisisse stil was.

Nadat Steenhuisen vir 'n volle termyn tot DA-leier verkies is, het hy sy skadukabinet in Desember 2020 aangekondig. Bergman het aangebly as Skaduminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.

Bergman het in die 2020 Register van Ledebelange verklaar dat hy R10 000 per maand ontvang het vir konsultasiewerk in 'n maatskappy wat hy met geassosieerdes besit.

Bergman het in Januarie 2021 geëis dat Suid-Afrikaanse diplomate nagenoeg R10 miljoen in onterugbetaalde huurdeposito's betaal.

Bergman is op 21 April 2023 tot skadu-adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging gedemoveer. Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika