Koolstof-13 (chemiese notasie C) is 'n stabiele isotoop van die element koolstof. Dit is 'n seldsame isotoop.
KMR Hierdie isotoop wat 'n spin=½ het, word in die organiese chemie dikwels vir kernspinresonansie van organiese molekule gebruik. Die gevoeligheid is baie minder as in proton-KMR, maar die chemiese verskuiwings is baie groter. Spin-spin-koppeling is selde sigbaar en dit maak die spektra baie eenvoudiger as in proton-KMR.Hebreeuse Universiteit van Jerusalem
δ13C Die isotoopverhouding tussen C en C word in die geochemie en biogeochemie baie aangewend. Vaatplante wat C3-plante is het gewoonlik 'n waarde van δ13C tussen -25‰ en -28‰ terwyl C4-plante soos mielies, bamboe en baie grasse 'n minder megatiewe waarde tussen -10‰ en -14‰ het. Fitoplankton in soetwater het 'n lae waarde tussen -30‰ en -40‰; in seewater is dit egter tussen -15‰ en -20‰Geochemistry: Pathways and Processes Columbia University Press, 2003, ,
Verwysings
Kategorie:Isotope van koolstof