Makhosi Busisiwe Khoza is 'n voormalige lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress. Sy was 'n leierfiguur in die African Democratic Change (ADeC) se stigting in Desember 2017, maar het vier maande na die bekendstelling van die party, as partyleier uitgetree.

Bedanking uit die ANC Makhosi Khoza het op 21 September 2017 as 'n African National Congress-lid van die parlement bedank om by die pogings teen korrupsie in Suid-Afrika aan te sluit.Makhosi Khoza quits the ANC . Retrieved on 13 April 2019. Haar bedanking het gekom ná maande van haar kritiek op die voormalige ANC-president, Jacob Zuma, en sy het hom gevra om af te tree.Goodbye new alien and corrupt ANC, I quit - Makhosi Khoza . Retrieved on 13 April 2019. Na die aankondiging is daar gespekuleer dat Khoza 'n nuwe politieke party sou vorm.#MakhosiKhoza may start new party. Retrieved on 13 April 2019. Aanvanklike verslae in November 2017 het voorgestel dat Khoza haar nuwe politieke party "Change" sou noem.Details: Makhosi Khoza to launch new political party ‘Change’. Retrieved on 13 April 2019. Die African Democratic Change (ADeC) is op 1 Desember 2017 van stapel gestuur.Makhosi Khoza’s new party hoping to woo disillusioned ANC voters. Retrieved on 13 April 2019. Khoza het vasbeslote gestel dat haar nuwe party sou nie tot niet gaan nie.Party won't go Agang way, says #MakhosiKhoza. Retrieved on 13 April 2019.

Ná die bekendstelling het die African National Congress Khoza gekritiseer omdat die ADeC-logo lyk soos die African National Congress se logo. Khoza het hierdie eise verwerp.ANC slams Makhosi Khoza's party over logo. Retrieved on 13 April 2019.

In April 2018, vier maande na die bekendstelling van die party, het Khoza as partyleier uitgetree.ADeC 'faction' welcomes Khoza’s resignation. Retrieved on 13 April 2019. Partyvoorsitter, Moses Mayekiso, is aangewys as haar opvolger.Makhosi Khoza resigns from politics. Retrieved on 13 April 2019.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse politici