Henry Howard Molyneux Herbert, 4de Graaf van Carnarvon, PC, DL, FRS, FSA (24 Junie 1831 – 29 Junie 1890), bekend as Viscount Porchester van 1833 tot 1849, wat 'n Britse politikus en 'n leier in die Konserwatiewe Party van Brittanje.

Hy het in 1849 die vierde graaf van Carnarvon geword, en in 1866 is hy as die Britse minister van buitelandse sake vir kolonies aangestel. Aangevuur deur die suksesvolle federasie van Kanada wat in 1867 plaasgevind het, wou hy dieselfde federasieskema op Suid-Afrika van toepassing maak. Hy was vasbeslote om die Boererepublieke ook by 'n Britse federasie te betrek.

In die uitvoering van sy beleid het hy die republieke geleidelik deur Britse gebiede laat omring en in 1877 aan sir Theophilus Shepstone opdrag gegee om Transvaal te annekseer. Hy het geglo dat die Vrystaat dan vanself en uit vrye wil by 'n Britse federasie sou aansluit. Die anneksasie van Transvaal het Carnarvon egter in onguns by die Britse regering gebring en groot bitterheid teenoor Brittanje in Suid-Afrika laat ontstaan. In 1878 het hy bedank. Die dorp Carnarvon in die Noord-Kaap is na hom vernoem.

Bron Wêreldspektrum, 1982,

Kategorie:Geboortes in 1831 Kategorie:Sterftes in 1890 Kategorie:Engelse politici