Zbigniew Kazimierz Brzeziński (Warskou, 28 Maart 1928 – Falls Church, 26 Mei 2017) was 'n Pools-Amerikaanse politieke wetenskaplike. Naas Henry Kissinger en Samuel Huntington word hy beskou as een van die mees prominente Amerikaanse geostrateë.

Lewe en werk Brzeziński se vader was 'n Poolse diplomaat wat vanaf 1938 in Montreal gestasioneer was en daar as vlugteling met sy gesin bly na die Duitse en Russiese inval in Pole in 1939, sodat Zbigniew die Tweede Wêreldoorlog in Kanada deurgebring het. Na 1945 het hy na die VSA vir studie gegaan. Hy promoveer in 1953 aan die Harvard universiteit. In die jare sestig was hy adviseur van president Lyndon B. Johnson.

Brzeziński word veral bekend as Nasionale Veiligheidsadviseur van die Demokratiese Party politikus Jimmy Carter tydens sy sy ampstermyn as president van die Verenigde State van Amerika van 1977 tot 1981. Hy het 'n belangrike rol gespeel onder onder meer die onderhandelings vir die Camp David ooreenkoms tussen Egipte en Israel in 1978. Ook het hy president Carter by gestaan tydens die Iraanse gyselaars krisis van 1979-1981.

Hy was betrokke by Amnesty International, die Council on Foreign Relations, die Atlantic Council, die National Endowment for Democracy en Freedom House. Hy was 'n direkteur van die Trilaterale Kommissie. Brzeziński was hoogleraar Amerikaanse buitelandse politiek aan die Skool vir Gevorderde Internasionale Studies van die Johns Hopkins universiteit in Baltimore. Hy was ook lid van die Centre for Strategic and International Studies in Washington en adviseer vir Amerikaanse en internasionale maatskappye. Ook skryf hy boeke en artikels.

Toe die Republikeinse senator John McCain in 2000 in die wedloop was om die konserwatiewe presidentskandidaat te word, was Brzezinski sy buitelandse raadgewer. Agt jaar later, in 2008, was hy buitelandadviseur van die nuwe Amerikaanse president, die Demokraat Barack Obama, wat in die verkiesings teen dieselfde John McCain deelgeneem het.

Persoonlik Brzeziński was getroud met die beeldhouster van Tsjeggies-Switserse afkoms Emilie Benes Brzezinski. Hul seun Mark Brzezinski was, net soos sy vader, in 2008 adviseur van Obama, terwyl die ander seun Ian Brzezinski gewerk het vir die veltog van McCain. Hul dogter Mika Brzezinski is televisie joernalis en aanbieder by die nuusuitsaaier MSNBC.

Belangrike werke The Permanent Purge: Politics in Soviet Totalitarianism, Cambridge: Harvard University Press, 1956 Soviet Bloc: Unity and Conflict, Harvard University Press, 1967 Between Two Ages: America's Role in the technetronic Era, New York: Viking Press, 1970 Power and Principle: Memoirs of the National Security Adviser, 1977-1981, New York: Farrar, Strauss, Giroux, 1983 Game Plan: A Geostrategic Framework for the Conduct of the U.S.-Soviet Contest, Boston: Atlantic Mothly Press, 1986 Grand Failure: The Birth and Death of Communism in the Twentieth Century, New York: Charles Scribner's Sons, 1989 Out of Control: Global Turmoil on the Eve of the 21st Century, New York: Collier, 1993 The Grand Chessboard: American Primacy and its Geostrategic Imperatives, New York: Basic Books, 1997 The Choice: Global Domination or Global Leadership, Basic Books, 2004 Second Chance: Three Presidents and the Crisis of American Superpower, Basic Books, 2007 America and the World: Conversations on the Future of American Foreign Policy, Basic Books, 2008

Bronne Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Amerikaanse wetenskaplikes Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 2017