Die Loeriedam in die vallei van die Gamtoosrivier verskaf water aan Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) en Jeffreysbaai.

Ligging Die dam lê in die Loeriespruit, aan die eindpunt van die Gamtoosrivierkananal, net buite die nedersetting Loerie en by 33° 51′ 31,8″ suid en 25° 03′ 01,2″ oos. Rondom die dam is die Loeriedam-natuurreservaat.

Dam Die wal staan 18,29 m hoog bo die rivierbedding en is 238 m lank. Die dam het ‘n bakmaat van nagenoeg 3 miljoen m³, ‘n oppervlakte van 0,52 km² en opvanggebied van 148 km². Maar die dam ontvang ook die ongebruikte water uit die Gamtooskanaal wat vanaf die Kougadam kom. By die dam is ook ‘n filtreer- en pompstasie. Van daar word die water via die Thornhill- en die Chelsea-reservoirs na die stad versprei.

Sien ook Churchilldam Impofudam Kougadam Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bibliografie www.dwaf.gov.za

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Port Elizabeth