duimnael|300px|links|NZASM 14-tonner op die Randtremspoor, c. 1890 Die NZASM 14-tonner 0-4-0T van 1889 was 'n 14-ton Suid-Afrikaanse saaltenklokomotief van die negentiende eeu en die eerste lokomotief van die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR). Alle NZASM-lokomotiewe is volgens hul gewig benoem, dus staan hierdie lokomotiewe as 14-tonners bekend.

Nadat goud in 1886 op die Witwatersrand ontdek is, ontwikkel verskeie bedrywe hier. Steenkool is in Boksburg gemyn, maar dit lê 26 km van Johannesburg af. Op 20 Julie 1888 kry die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy 'n toegewing om 'n spoorlyn tussen die twee stede te bou. Anders as ander spoorwegkonstruksieprojekte, moes alle toerusting deur ossewaens oor land vervoer word. 'n Monteerfabriek is in Elandslaagte (deesdae se Germiston) gebou en vyf 14-tonners is daar saamgestel.

Die eerste lokomotief is op 18 Julie 1889 in diens gestel en die spoorlyn is op 17 Maart 1890 amptelik geopen. Nadat die toegewing hersien is, is die spoorlyn uitgebrei en vanaf Boksburg tot by Springs in die ooste verleng en van Johannesburg tot by Krugersdorp in die weste.

Toe NZASM in 1900 ontein is, is die lokomotiewe in diens van die Imperial Military Railways gestel waar hulle nuwe nommers gekry het. Nadat die Tweede Vryheidsoorlog verby was, kom die lokomotiewe onder die beheer van die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) waar hulle deur die letters A, B tot E in plaas van nommers gelys is.

Die lokomotiewe is voor 1912 veroudered verklaar, want hulle kom nie op die lys van die Suid-Afrikaanse Spoorweë se lokomotiewe voor nie, maar dit is bekend dat hulle in diens gebly het tot 1916. Lokomotief Nr. 1, die Transvaal is bewaar en is nou in die Outeniekwa-Vervoermuseum.

Fabrieknommers Die NZASM 14-tonner fabrieknommers, NZASM-nommers, Imperial Military Railways (IMR) en Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) lokomotiefnommers volg hieronder.Inligting verskaf deur John Nicholas Middleton +NZASM 14-tonner 0-4-0TFabrieknr.NZASM-nr.IMR-nr.CSAR-nr.Stasionêreketelnr.23171 601 ATransvaal23182 602?B?ketelnr. ?2319 3603?B?ketelnr. 15852333 4604 C2334 5605?D?ketelnr. ?

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine