Leeuwarden (Wes-Fries: Ljouwert) is die hoofstad van die Nederlandse provinsie Friesland. Die munisipaliteit het sowat 124 000 inwoners (2021).

In 2014 is die munisipaliteit Boarnsterhim gedeeltelik en in 2018 die hele munisipaliteit Leeuwarderadeel en die munisipaliteit Littenseradiel gedeeltelik toegevoeg.

In 1435 is drie dorpe aan die Middelsee – Oldehove (Wes-Fries: Aldehou), Nijehove (Nijehou) en Hoek tot Leeuwarden saamgevoeg, wat in dieselfde jaar ook stadstatus toegeken is.

Leeuwarden spog met 'n pragtige binnestad en talle historiese geboue, wat tussen die Middeleeue en die 19de eeu ontstaan het. Besienswaardighede sluit die Grote Kerk (Jakobynekerk) uit die 15de eeu, die Oldehove-toring uit die 16de eeu, die Prinsessehof uit die 17de eeu, die Raadsaal van 1715, die Provinsiehuis (18de eeu), die Sint-Bonifatius-kerk (19de eeu), die Paleis van Justisie (1846), die Beurs (1880) en die Friesiese Letterkundige Museum (1883) in.

Die Prinsetuin is die park aan die noordekant van Leeuwarden se binnestad.

Leeuwarden beskik oor 'n professionele sokkerspan: SC Cambuur.

Plekke Alde Leie, Baard, Bears, Britsum, Eagum, Easterlittens, Feinsum, Friens, Goutum, Grou, Hempens, Hijum, Hilaard, Huns, Idaerd, Jellum, Jelsum, Jirnsum, Jorwert, Koarnjum, Leeuwarden, Lekkum, Leons, Mantgum, Miedum, Reduzum, Snakkerburen, Stiens, Swichum, Teerns, Warstiens, Warten, Weidum, Wergea, Wirdum en Wytgaard.

Bekende boorlinge Maurits Cornelis Escher (1898–1972), kunstenaar Pieter Kooistra (1922–1998), skilder, grafiese kunstenaar, fotograaf en skrywer Mata Hari (1876-1917), danseres, spioen Piet Paaltjens (1835–1894), skuilnaam van François Haverschmidt, digter en predikant Joachim van Plettenberg (1739-1793), Kaapse goewerneur Ype Schaaf (1930–2003), predikant J. Slauerhoff (1898–1936), digter en skrywer Douw Gerbrandts Steyn (1631–1700), Suid-Afrikaanse stamvader van die Steyn's Saskia van Uylenburgh (1612–1642), vrou van Rembrandt Johannes Hendrikus Zelle (1907–1983), gereformeerde predikant

Naburige munisipaliteite

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Friesland Kategorie:Provinsiehoofstede van Nederland Kategorie:Stede in Nederland