Guillermo del Toro Gómez (gebore 9 Oktober 1964) is ’n Mexikaans-Amerikaanse regisseur, vervaardiger en skrywer. In sy rolprentloopbaan wissel Del Toro tussen Spaanse donkerfantasiewerke, soos die gotiese rilfliek The Devil's Backbone (2001) en Pan's Labyrinth (2006), en Amerikaanse hoofstroom-aksieflieks soos die superheld-aksieprente Blade II (2002), Hellboy (2004) en Hellboy II: The Golden Army (2008) en die wetenskapsfiksie-monsterprent Pacific Rim (2013).

Sy jongste fliek, The Shape of Water (2017), is goed ontvang – dit het ’n Goue Leeu op die 74ste Venesiese Rolprentfees gewen asook twee pryse op die 75ste Golden Globe-toekenningsaand, insluitende vir hom as beste regisseur. Dit is die prent wat vanjaar vir die meeste Golden Globes benoem was: altesaam sewe.

Ander werk Benewens die flieks wat hy regisseer, het hy ook al talle prente vervaardig: onder meer The Orphanage (2007), Julia's Eyes (2010), Biutiful (2010), Kung Fu Panda 2 (2011), Puss in Boots (2011) en Mama (2013). Hy is oorspronklik as regisseur vir die Hobbit-rolprentreeks gekies. Hy het die projek verlaat weens produksieprobleme, maar het steeds erkenning as medeskrywer gekry vir sy bydraes tot die draaiboek.

Del Toro se werk word gewoonlik gekenmerk deur ’n sterk verband tussen feëverhale en rillers, asook ’n poging tot visuele of poëtiese skoonheid. Hy word sy lewe lank al deur monsters betower en beskou hulle as simbole van groot mag. Hy gebruik graag insekagtige en godsdienstige beelde, die temas Katolisisme en die viering van onvolmaaktheid, praktiese spesiale effekte en geelbruin beligting.

Hy en twee ander Mexikaanse rolprentvervaardigers, Alfonso Cuarón en Alejandro González Iñárritu, is saam bekend as "Die Drie Amigo's" van die rolprentbedryf.

Pryse en benoemings Van Del Toro se belangrikste pryse en benoemings is:

Oscars Jaar Werk Kategorie Uitslag 2007Pan's Labyrinth Beste oorspronklike draaiboek Beste buitelandse rolprent

Baftas Jaar Werk Kategorie Uitslag 2007 Pan's Labyrinth Beste oorspronklike draaiboek Beste rolprent in ’n ander taal as Engels 2018 The Shape of Water Beste regie Beste oorspronklike draaiboek

Golden Globes Jaar Werk Kategorie Uitslag 2018 The Shape of Water Beste regisseur Beste dramaprent Beste draaiboek

Cannes-rolprentfees Jaar Werk Kategorie Uitslag 1993 Cronos Mercedes-Benz-prys 2006 Pan's Labyrinth Palme d'Or

Filmografie Cronos (1993) Mimic (1997) The Devil's Backbone (2001) Blade II (2002) Hellboy (2004) Pan's Labyrinth (2006) Hellboy II: The Golden Army (2008) Pacific Rim (2013) Crimson Peak (2015) The Shape of Water (2017)

Verwysings

Eksterne skakels

Del Toro Webcast op BAFTA.org Premiere Magazine: Inside Del Toro's Sketchbook

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1964